22 March, 2011

Twee ANC-lede sluit aan by DA

2011-03-22 16:19

Johannesburg – Twee lede van die ANC en ‘n UDM-lid het by die DA in KwaZulu-Natal aangesluit, het die party Dinsdag aangekondig.

Die ANC se Mergen Chetty van Pietermartizburg, die voormalige tesourier van die ANC se vroueliga in die Sisonke-streek Trish Crawley en die United Democratic Movement se Umzimkhulu-raadslid Vuyani Zaza het by die DA aangesluit.

Hulle het by die DA se kandidaatsbenoemingproses aangesluit voor vanjaar se plaaslike verkiesings, het die opposisieparty in ‘n verklaring bekendgemaak.

Chetty sê hy is met afgryse vervul deur die ineenstorting van die Msunduzi-munisipaliteit.

Die ineenstorting is veroorsaak “deur niks anders as swak finansiële bestuur en korrupsie,” het hy gesê.

“Ek kon nie langer deel van die ANC wees nie.” Lees verder: nuus24 ...

No comments:

Post a Comment

Comment here
Lewer hier kommentaar