02 December, 2010

Wyksnommer en stempunt verander

Weens die nuwe afbakening met die oog op die munisipale verkiesing in 2011, sal die Kouga-munisipaliteit voortaan uit 15 wyke in plaas van 10 bestaan.

Inwoners wat in Wavecrest aan die bokant van Dr. A D Keetstraat (in die rigting van die Fountains-winkelsentrum) woonagtig is, sal voortaan in Wyk 8 in plaas van Wyk 3 val.

Die stempunt vir Wyk 8 is die NG Kerkkompleks en die nommer daarvan is 10140062. Hierdie nommer moet op die registrasie-plakkertjie op bladsy 2 van u identiteitsdokument verskyn.

Om u te help om te herregistreer, sal die Onafhanklike Verkiesingskommissie op 3, 4 en 5 Desember 2010 beamptes van huis tot huis stuur om inwoners tuis te registreer. Om egter te verseker dat u wél geregistreer word, word u aangeraai om die munisipale gebou langs die ou kerkhof in Wavecrest op die bogemelde datums te besoek. Dit is geleë op die hoek van Maple- en Thunder Tree-straat. Neem u identiteitsboekie saam.

Andersyds kan u die Onafhanklike Verkiesingskommissie-kantoor op Humansdorp besoek. Dié kantoor is by die buiteklub geleë en is op weeksdae tussen 08:00 en 16:00 oop. Onthou om u identiteitsboekie saam te neem.

Tree asseblief met die Demokratiese Alliansie-takvoorsitter van Wyk 8 by tel. 042 296 1721 in verbinding as u probleme ondervind. U kan ook vir Nico Botha skakel. Sy telefoonnommer is 042 296 2215.

No comments:

Post a Comment

Comment here
Lewer hier kommentaar