Die Demokratiese Alliansie is verbind tot uitnemende dienslewering. Saam kan ons berge versit. The Democratic Alliance is committed to service excellence. Together we can move mountains. SAVE KOUGA. VOTE DA ON 18 MAY 2011

Click
here if you have any comments about the Democratic Alliance in the Jeffreys Bay region.

08 August, 2010

EC education infrastructure budget slashed again

Of the R1.3 billion that was allocated for infrastructure to the Department of Education in the Eastern Cape, only R492 million will be available for new projects in the current financial year. This shocking revelation was made during a meeting of the Portfolio Committee on Education in Bhisho this week.

This budget, which had been set aside for the building of new schools, repairs and refurbishments and the eradication of mud structures has been depleted by R808 million. The amount of R808 million will be used to pay for commitments to infrastructure in the last financial year, as well as for accruals resulting from the non-payment of contractors in the 2009/10 financial year.

The cut in the infrastructure budget will have a huge effect in providing much needed schools to our communities. The eradication of mud structures will remain a pipe dream. Schools like Booysens Park Secondary in Port Elizabeth are still not sure whether their school will be repaired, although promises were made that work on the school will start towards the end of October of this financial year.

This department is in direct opposition to the Constitution by denying our learners access to education by not providing conducive conditions for teaching and learning to take place.

The Democratic Alliance firmly believes that education is the foundation for opportunities and children should not be denied these opportunities because of the circumstances of their birth.

This state of affairs seems all too much like a repeat of last year, when all infrastructure activities in schools in the Eastern Cape had come to a halt due to a lack of funds.

This state of affairs will have a major impact on the outcomes of education in the Eastern Cape and the dismal year-end results in the province will continue because of the horrendous conditions under which our learners must prepare for the final examinations.

The image displayed by the department in this province impacts negatively on economic development and economic decisions: major investors are not interested in doing business with a place that is backward and under-developed.

The current situation means that the backlogs that this province has been facing for the past 15 years will continue. According to the annual report of the Eastern Cape Department of Education for 2007/08, of the 5 885 public ordinary schools in the province, 20% did not have electricity, 19% did not have water and 9% did not have access the sanitation. A total of 1 461 schools were still built of clay or still had to accommodate learners in some kind of mud structure.

The Democratic Alliance is making an urgent appeal is made the MEC and HOD for Education to arrange a meeting with Treasury and ensure necessary funding.

Many schools still lack the facilities and resources that make effective teaching easier.

The DA believes a core minimum of resources should be a given for each school:
  • A safe and secure environment;
  • A satisfactory classroom;
  • Electricity;
  • Running water;
  • Access to a flush toilet;
  • A telephone;
  • Access to sports facilities; and
  • Enough teachers.
For further information, please contact Edmund van Vuuren, MPL on 072 184 7840

Wekroep tot aksie

Die Demokratiese Alliansie (DA) is baie sterk teen die Wetsontwerp op die Beskerming van Inligting gekant. Die wetsontwerp het dit ten doel om inligting wat legitiem in die openbare belang is, aan die hand van vae en ongespesifiseerde maatstawwe wat die nasionale regering bepaal, as geheim, en nie vir openbare kennisname nie, te klassifiseer. Dié drakoniese bepalings is potensieel een van die grootste aanslae op die vryhede en ideale van ons jong demokrasie. Ons doen ’n beroep op alle burgers van Suid-Afrika om aan die Minister van Staatsveiligheid te skryf om die inwerkingstelling van dié wetsontwerp te stuit.

Skakel Thabile Mhlamvu, Openbare Skakelbeampte: e-pos: tmhlamvu@intelligence.gov.za, faks: (012) 367-0749.

A snippet contributed by Elza van Lingen

Excellence
If there is one word we would choose that defines the way we strive to do things, it is excellence. And so our daily challenge is to constantly find new and innovative ways to identify and employ the best and brightest, to develop our people in relevant and creative ways and to ensure that we have solid and fair structures and processes in place.

Coming up in September
We tell all on the DA’s exciting new online eLearning platform Umthombo and how it will revolutionise learning and the dissemination of information in the Party, and we once again kick off our recruitment programme for the 2011 Young Leaders Programme.

03 August, 2010

There are people around who actually read DAtanet!

DAtanet Site Summary

VISITS
Total 58
Average Per Day 2
Average Visit Length 9:24
Last Hour 0
Today 3
This Week 16

PAGE VIEWS
Total 202
Average Per Day 11
Average Per Visit 4.9
Last Hour 0
Today 9
This Week 78

You may subscribe to DAtanet via e-mail. It costs nothing. See the "subscribe via e-mail" frame in the side-bar to the right of this report.

Helen se weeklikse nuusbrief - 2 Augustus 2010

Ons sal nooit ons reg opgee om die waarheid na te streef nie

In die jaar wat Winston Churchill die Geallieerdes in die Tweede Wêreldoorlog tot‘n oorwinning gelei het, en toe steeds die algemene verkiesing verloor het, het hy gesê dat: “Hulle elke reg het om my uit te skop. Dis demokrasie.”

Churchill was‘n slagoffer van die demokrasie wat hy tydens‘n Wêreldoorlog help beskerm het. Hy het steeds sy verkiesingsnederlaag bereidwillig aanvaar en bowenal getrou gebly aan demokratiese waardes.

Churchill het twee jaar later van uit die opposisiebanke in die Laerhuis sy beroemde toespraak aangaande demokrasie gelewer. Hy het gese dat demokrasie“die swakste soort regering is, behalwe al die ander wat van tyd tot tyd probeer is”.

Sowat sestig jaar later moet ons ook die beperkinge van demokrasie aanvaar. Ons weet dat dit nie die uitwissing of selfs verligting van armoede waarborg nie. Ons weet ook dat mense swak keuses kan maak wanneer hulle hul leiers kies.

Ondanks al sy gebreke het demokrasie egter die groot voordeel dat dit die mag in die mense se hande plaas. Dit is waarom demokrasie bo enige ander soort regering verkieslik is. Dit is waaroor die stryd teen Apartheid gegaan het. Slegs in‘n demokrasie is die politici vir die mense bang, in plaas van andersom. Slegs in‘n demokrasie kan die mense die regering uitskop.

Die kern van sukses van demokrasie bestaan uit die beginsels van oopheid en deursigtigheid. Sonder ’n vrye vloei van inligting, veral deur die vrye media, word magsmisbruik nie blootgelê, in toom gehou en gestraf nie. Die waarheid word toegesmeer. Die gevolg is dat mense nie ingeligte besluite kan neem nie, en hul leiers nie by die stembus verantwoordbaar kan hou nie. Dit beteken dat demokrasie kwyn en sterf.

Dit beteken nie dat die media altyd die regte dinge doen nie. Nie naastenby nie. As daar bewyse van valse of kwaadwillige verslaggewing is, moet daar herstelmiddels wees. Dit is waarom die media in die meeste demokrasieë geloofwaardige, onafhanklike meganismes erken as “waghonde oor die waghonde”. Geen regering moet egter enigiets met dié werksaamheid uit te waai hê nie, want dit is‘n volslae resep vir n geslote, outoritêre samelewing.

Dit is waarom elke demokrasie die grootste moontlike oopheid moet nastreef.

Nelson Mandela het die belangrikheid hiervan in 1994 besef. In ‘n toespraak voor die Internasionale Persinstituut se Kongres het hy gesê: “Geen enkele persoon, geen meningsgroep, geen politieke of godsdienstige leer, geen politieke party of regering, kan beweer dat hy die monopolie op die waarheid het nie ... Dit was dus nog altyd ons betoog dat wette, sedes, praktyke en vooroordele wat beperkings op vryheid van uitdrukking plaas, die samelewing ‘n onreg aandoen.”

In dieselfde toespraak het hy gesê:

“Ek het dikwels gesê die media is‘n spieël waarin ons onsself kan sien soos ander ons sien, met al ons foute en onvolmaakthede. Die ANC vrees geen kritiek nie. Ek kan julle belowe dat ons nie voor die strengste ondersoek sal verwelk nie. Dit is ons oorwoë mening dat sulke kritiek ons bloot sal help om te groei, deur die aandag te vestig op al ons dade en versuime wat nie voldoen aan ons mense se verwagtinge en die demokratiese waardes waaraan ons glo nie.”

Twee weke gelede, op Mandeladag, het ek geskryf oor die ironie daarin oor hoe meer die ANC van Nelson Mandela se visie afwyk, hoe meer wil die organisasie die man se erfenis besit. Die huidige ANC-leiers se afwyking van Nelson Mandela se visie word sterk benadruk deur hul houding teenoor persvryheid.

In ‘n ANC-besprekingstuk oor die media wat enkele dae gelede bekend gemaak is, maak die party ‘n saak uit vir die skepping van‘n Parlementêre mediatribunaal wat die pers tot verantwoording moet roep. Die ANC spreek die kommer uit dat “sommige faksies van die media steeds ‘n houding teenoor transformasie, ontwikkeling en die ANC inneem”.

Wat het geword van Mandela se oortuiging dat beperkings op die vryheid van uitdrukking die samelewing ‘n onreg aandoen? En wat het met die ANC gebeur wat eens heel trots beweer het dat hy geen kritiek vrees nie?

Daardie ANC bestaan lankal nie meer nie. Die huidige ANC wil kritici se monde snoer en sy weergawe van die werklikheid as “die enigste waarheid” aanbied.

Die ANC wil die onafhanklike media deur ‘n Parlementêre mediatribunaal (vol gepak met ANC-LPs) beheer. ’n Gedienstige media sal die onvermydelike gevolg hiervan wees. Dié sal hierdie jurie van politici met ‘n sterk belang daarin om die media in toom te hou, probeer paai. Die onvermydelike gevolg sal wees dat al ons nuus sal soos dié wat ons gereeld op die SABC-TV sien sal lyk. Die SABC is nou soos ‘n party-uitsaaier eerder as‘n openbare uitsaaier.

Dis selfs erger dat die ANC se aanslag op persvryheid ondersoekende joernalisme probeer kriminaliseer. Indien die Wetsontwerp op die Beskerming van Inligting aanvaar word, sal dit sulke ondersoekende joernalisme kriminaliseer. Dit sal ‘n strafbare misdaad wees (met tot 25 jaar tronkstraf) om in besit van geklassifiseerde staatsinligting te wees. Enige staatsinligting sal geklassifiseerd wees indien (na ‘n politikus se oordeel) die onthulling daarvan teenstrydig teenoor die “nasionale belang” geag word. Dít word omskryf as alle aangeleenthede “wat verband hou met die bevordering van die openbare welsyn” ,“die navolging van geregtigheid, demokrasie, ekonomiese groei, vryhandel,‘n stabiele monetêre stelsel en gesonde internasionale betrekkinge”, asook “alle entiteite wat die staat namens die publiek in stand hou”.

Feitlik alle staatsinligting sal met ander woorde vir joernaliste en enigiemand met ‘n belang in die waarheid ontoeganklik word. Net soos in die Apartheidsera sal die regering hom op die “nasionale belang” beroep om alle magsmisbruik toe te smeer. Elke dokument met bewyse van korrupsie sal byvoorbeeld onmiddellik geklassifiseer word – waarskynlik deur die skuldige party in die regering!

Die “nasionale belang” moet nooit met die openbare belang verwar word nie. Die media-ontleder, Tawana Kupe, het opgemerk dat die nasionale belang bestaan uit “die belange en waardes wat bepaalde groepe hulself toegeëien het terwyl hulle probeer om alles in ‘n samelewing te oorheers”. Daarenteen strek die openbare belang “breër as die nasionale belang, omdat dit die waardes wat geen enkele maatskaplike organisasie óf individue óf entiteit as sy alleenbesit kan toeëien nie, aanspreek en weerspieël”.

Uit Mandela se toespraak wat hierbo aangehaal is, is dit duidelik dat hy sterk van dié onderskeid bewus was. Hy het geweet die belange van die party (“nasionale belang”) en die belange van die mense (“openbare belang”) is nie dieselfde nie. Daarenteen dink die Jacob Zuma se ANC dat hulle dieselfde is. Dit kom duidelik na vore vanuit die ANC se besprekingsdokument oor die media.

Die dokument beweer dat die ANC se besluite tydens sy Polokwane-konferensie “die mense se menings uitdruk” en dat dié opvattings “nie die dinge is wat koerante verkoop en die nuus haal nie, maar dít wat die mense wil hê”. Verder noem die dokument dat: “Ons moet beheer neem om te sorg dat hulle die nasionale diskoers oorheers en dat ons stem duidelik bo die res hoorbaar is.”

Dit is ‘n rooi gevaarsone vir ons demokrasie. Elke totalitêre bewind – van Hitler tot Stalin tot Mao – het beweer die Party vergestalt die wil van die mense, en het dit gebruik om die demokratiese ruimte te vereng, met inbegrip van‘n beperking op mediavryheid,‘n verbod op politieke partye en die uiteindelike onderdrukking van politieke teenstand.

Dit is tyd dat meer mense besef dié neiging is in Jacob Zuma se ANC sterk en lewend. Jackson Mthembu, die ANC se woordvoerder, het dit duidelik gemaak toe hy probeer het om die voorgestelde mediatribunaal teenoor joernaliste te regverdig:“As jy tronk toe moet gaan, laat dit so wees. As jy miljoene weens laster moet betaal, laat dit so wees. As joernaliste in die pad gesteek moet word omdat hulle nie bydra tot die Suid-Afrika wat ons wil hê nie, laat dit so wees.”

Ons sal elke middel tot ons beskikking inspan om ons land en demokrasie teen die ANC se aanslag te beskerm. Indien nodig, sal ons die stryd selfs in die Grondwetlike Hof moet voer. Ons sal nie toelaat dat‘n outoritêre wet ons daarvan weerhou om magsmisbruik bloot te lê waar dit ook al voorkom nie. Ons sal eerder tronk toe gaan om die waarheid na te streef as om aan die verval van demokrasie aandadig te wees. Ons sal ons reg opgee om die waarheid na te streef nie.

Click here to read the English version:
http://www.da.org.za/newsroom.htm?action=view-news-item&id=8538

02 August, 2010

Delimitation

The delimitation process, i.e. the drawing of new electoral districts, is well underway and is expected to be completed by October 2010. These processes are the legal responsibility of the Municipal Demarcation Board .

The existing Ward 3 will be split into two wards, i.e. Ward 3 and Ward 8. The soon-to-be Ward 3 is expected to comprise Kabeljouws and Wavecrest, from A D Keet Street to the ocean. The future Ward 8 is likely to encompass the rest of Wavecrest, Eedenglen and Mondplaas.

Many voters currently residing in Ward 3 and who cast their vote at the Tecoma voting station will have to re-register in the “new” Ward 8 in order to cast their vote at the NG Church voting station. Every effort will be made to assist voters who have to re-register.

Plans are already afoot to ensure the ease of transition. Two weekends had already officially been set aside in January and February 2010 for the registration and re-registration of voters. Additional registration periods are presently being planned in collaboration with the IEC


Om hierdie teks in Afrikaans te lees, kliek op
http://da-jbayregion.blogspot.com/2010/08/afbakening.html

Afbakening

Die afbakeningsproses, d.w.s die vasstelling van nuwe kiesdistrikte, vorder fluks en behoort teen Oktober 2010 afgehandel te wees. Hierdie proses word tans landwyd deur die Munisipale Afbakeningsraad hanteer.

Die bestaande Wyk 3 sal in twee wyke verdeel word, t.w. Wyk 3 en Wyk 8. Die nuwe Wyk 3 sal na verwagting bestaan uit Kabeljouws en Wavecrest vanaf AD Keetstraat tot by die see. Die toekomstige Wyk 8 sal waarskynlik die res van Wavecrest, Eedenglen en Mondplaas insluit.

Baie kiesers wat tans in Wyk 3 woon en by die Tecoma-stempunt stem, sal in die nuwe Wyk 8 moet herregistreer sodat hulle hulle stem by die NG Kerk-stempunt kan uitbring. Alles sal in die werk gestel word om kiesers te help om te herregistreer.

Planne word reeds beraam om die oorgang vlot te laat verloop. Twee naweke gedurende Januarie en Februarie 2010 is reeds amptelik opsy gesit vir die registrasie en herregistrasie van kiesers. Bykomende registrasietye word beoog en die besonderhede word tans in oorleg met met die OVK beplan.

To read English text, click on
http://da-jbayregion.blogspot.com/2010/08/delimitation.html