Die Demokratiese Alliansie is verbind tot uitnemende dienslewering. Saam kan ons berge versit. The Democratic Alliance is committed to service excellence. Together we can move mountains. SAVE KOUGA. VOTE DA ON 18 MAY 2011

Click
here if you have any comments about the Democratic Alliance in the Jeffreys Bay region.

02 August, 2010

Afbakening

Die afbakeningsproses, d.w.s die vasstelling van nuwe kiesdistrikte, vorder fluks en behoort teen Oktober 2010 afgehandel te wees. Hierdie proses word tans landwyd deur die Munisipale Afbakeningsraad hanteer.

Die bestaande Wyk 3 sal in twee wyke verdeel word, t.w. Wyk 3 en Wyk 8. Die nuwe Wyk 3 sal na verwagting bestaan uit Kabeljouws en Wavecrest vanaf AD Keetstraat tot by die see. Die toekomstige Wyk 8 sal waarskynlik die res van Wavecrest, Eedenglen en Mondplaas insluit.

Baie kiesers wat tans in Wyk 3 woon en by die Tecoma-stempunt stem, sal in die nuwe Wyk 8 moet herregistreer sodat hulle hulle stem by die NG Kerk-stempunt kan uitbring. Alles sal in die werk gestel word om kiesers te help om te herregistreer.

Planne word reeds beraam om die oorgang vlot te laat verloop. Twee naweke gedurende Januarie en Februarie 2010 is reeds amptelik opsy gesit vir die registrasie en herregistrasie van kiesers. Bykomende registrasietye word beoog en die besonderhede word tans in oorleg met met die OVK beplan.

To read English text, click on
http://da-jbayregion.blogspot.com/2010/08/delimitation.html

No comments:

Post a Comment

Comment here
Lewer hier kommentaar