Die Demokratiese Alliansie is verbind tot uitnemende dienslewering. Saam kan ons berge versit. The Democratic Alliance is committed to service excellence. Together we can move mountains. SAVE KOUGA. VOTE DA ON 18 MAY 2011

Click
here if you have any comments about the Democratic Alliance in the Jeffreys Bay region.

03 May, 2010

Gee u mening

Het u iets op die hart oor die politiek in die Jeffreysbaai-omgewing? Publiseer dit hier sodat almal daarvan kennis kan neem. Wie weet, dalk gee dit aanleiding tot 'n lekker debat! U kan hieronder u (kort) mening gee. Dis ons eie "Speakers' Corner". Wat u hier skryf, is binne enkele sekondes daar vir almal wat hierdie blog besoek, om te lees. Hoe meer ons hier gesels, hoe beter insig kry ons almal. Dit bied ook aan die politieke grootkoppe 'n geleentheid om te verneem hoe mense op grondvlak voel.

6 comments:

  1. Waarom is dit so dat die regerende party, wat verstaanbaar `n gebrek aan bestuurservaring het, nie maar gebruik wil maak van mense met kundigheid en ervaring instede daarvan om alle advies as kritiek en aanval te interpreteer? Ek is seker daarvan dat die suksesvolle uitvoering van munisipale dienslewering die belangrikste oorweging van enige Burgemeester behoort te wees. Sodoende kan die Burgemeester al die kritiek en aanvalle teen hulle as raad uitskakel en hulle status as leiers waardig wees. Daar is soveel kundigheid waarmee hulle kan ploeg as hulle maar net wil hande vat. Die ANC kan maar regeer as hulle dit maar net reg wil doen. As hulle regtig slim is kan hulle net wen deur gebruik te maak van `n uitreikings strategie.

    ReplyDelete
  2. Eleanor, jou mond kort jêm!

    ReplyDelete
  3. Re aktivisme t.o.v. van vroueregte:
    Dit het `n jammer dag geword dat vroue aktivisties, vegtend en vuisswaaiend aanspraak moet maak op sekere ooglopende gelykhede. Waarom is dit algemeen aanvaarbaar dat die vrou slegs `n onderdanige rol teenoor mans beklee? Hoewel veel al bereik is veral deur "vroue vryheid- en gelykheids vegters", in die besonder in die werkplek, vind ons dat vroue steeds, en veral in landelike en ander arm huishoudelike omstandighede hulself in `n minder geagte posisie bevind, geslaan en verkrag mag word, en steeds die spreekwoordelike werkesel moet wees wie water moet aandra en hout moet kap, en les bes nog meesel moet uitgaan en `n paar rand moet verdien?
    My vraag: Waarom moet vroue dit nodig vind om soms ten koste van hul waardigheid, feministies op te tree om gelyke regte en voorregte te beding?
    My antwoord: Dit het hoog tyd geword dat mans in alle lae van die samelewing, deur middel van opleiding, geestelike berading en sielkundige bearbeiding van kleins af gelei word dat vroue met respek as gelykes behandel en ge-eer moet word. In ander woorde-aktiveer die mans vir `n verandering!!!
    Laat hierdie aktivisme dus dade wees en nie slegs woorde. Dade waar mans in die toekoms be-arbei word, sodat vroue met waardigheid uit hierdie dilemma kan tree!!!

    ReplyDelete
  4. Ek kan amper nie glo wat ek hoor nie! Die oënskynlike opgewondenheid dat moordgetalle gedaal het is skreiend. Moord is moord, en in sulke groot getalle kan `n mens kwalik `n paar persentasiepunte minder as `n prestasie sien. Wanneer ek lees van `n man wie onderstebo opgehang word, wreedaardig gemartel word en op verskeie maniere deur `n oormag aangerand word, kan ek NIE AANVAAR dat selfs net een moord regverdigbaar kan wees nie. So `n wiplankryery van misdaadgevalle dui op geen noemenswaardige vordering in misdaadbekamping. Op die skaal van misdaadpleging word die gewiggies net van een jaar na die volgende heen en weer oorgeplaas van die een swaai na die ander. Misdaad het inderdaad `n ongeneeslike siekte geword in die klas van HIV wat die inwoners van Suid Afrika afmaai. Solank die gesindheid van "solank ek net nie uitgevang word nie" heers teenoor wet en orde, sal grense van wette verskuif word soveel en sover as wat ek moontlik kan.
    Wette word mos gemaak om te toets hoe maklik dit oortreebaar is sonder nadelige gevolge vir die oortreder!!
    Die gesegde dat dade trek maar voorbeeld wek was nog nooit so waar soos tans nie. Vergelyk net die swak optrede van sogenaamde gesagsfigure in ons onlangse geskiedenis, politici, opvoeders en mediese en regspleërs om maar `n paar te noem.
    Laat ons nie moedeloos raak nie en laat ons volhard in ons kritiese uitsprake teenoor dit wat ons hoor en sien wat verkeerd is.

    ReplyDelete
  5. Die politieke bewustheid in J Bay is maar stil. Of die mense is moedeloos verby of die mense is almal tevrede met die munisipalitiet se werking (sic).
    Wat ek egter `n mondvol oor het is dat die volgende gesê word:
    "Wat soek mense in Kyalitsha?" na aanleiding van die moord op `n wittebroodvrou. Ons was na die sokker vertel dat ons verniet bang is in SA. Kyk dan net hoe lekker kuier ons in die Townships! Ons is nie net onveilig in die townships nie.....
    Ons is onveilig op Tafelberg, die grootste en bekendste - letterlik en figuurlik- toerisme aantreklikheid in SA.
    Ons is onveilig in ons wildreservate....ook `n baie groot en unieke SA aantrekking! (Verwys: gastehuise, Addo aanvalle) !
    Ons word spesiaal uitgenooi om die townships te besoek. Dis waar die ware Afrika pols. Dis waar ons die mense leer ken. Voorwaar, dis presies waar ons die mens leer ken!!!
    Daar is nog baie te sê, maar dit klink al so afgesaag dat ek my hierby laat, synde die nuutste te wees.

    ReplyDelete
  6. AS I understands it, Jeffreys Bay has 15 Wards. Is anyone able to provide a breakdown of the number of voters in each ward as well as the geographic location of each ward.

    ReplyDelete

Comment here
Lewer hier kommentaar