(Click here to read the English text)
Namate die ANC se uiteenlopende steun steeds verbrokkel en die party al hoe meer deur ’n uitgelese groep korrupte magsmakelaars versinnebeeld word, staan talle tradisionele ANC-ondersteuners (veral dié wat as deel van die “intelligentsia” beskou kan word) voor ’n identiteitskrisis: hulle kan hulle nie vereenselwig met wat die ANC geword het nie, maar hulle kan ook nie sommer net so padgee nie.
Hulle hunker na “die morele hoogtes” – ’n plek wat die ANC eens as uitsluitlik sy eie beskou het. Daarom soek hulle maniere om weer daardie vertroostende gevoel te herwin sonder om hul bande met die ANC te verbreek.
Hulle glo die ANC kan van homself gered word; hulle gee individue in die regering die skuld vir die ANC se mislukkings, maar is steeds “lojale kaders” van die beweging. Hulle soek troos by ander ontgogelde aktiviste en skep verskeie “maatskaplike bewegings” waar hulle probeer om die maatskaplike aktivisme en massapolitiek van die UDF te laat herleef. Hulle kritiseer die regering (veral wanneer dit ’n DA-regering is). In hul wese bly hulle egter lojaal teenoor wat die ANC na hul mening eens was, en wat hulle hoop hy steeds kan word – as die regte “kaders” maar net in sleutelposte aangestel kon word.
Ek weet hoe voel hulle, want ek was eens in dieselfde identiteitskrisis vasgevang. Ek het lankal die illusie laat vaar dat die ANC van homself gered kan word. Die ANC se oorheersende ideologie van rasse-nasionalisme en politieke begunstiging is nou só ingeburger dat individue met goeie bedoelings wat probeer om die waardes van Nelson Mandela te laat herleef, dit nie kan omkeer nie.
Klik hier om die volledige teks van Helen Zille se nuusbrief van 3 November 2010 te lees
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment
Comment here
Lewer hier kommentaar