Die Demokratiese Alliansie is verbind tot uitnemende dienslewering. Saam kan ons berge versit. The Democratic Alliance is committed to service excellence. Together we can move mountains. SAVE KOUGA. VOTE DA ON 18 MAY 2011

Click
here if you have any comments about the Democratic Alliance in the Jeffreys Bay region.

29 November, 2010

"Enigiemand kan 'n baba maak ...

... maar dit kos 'n ware man om 'n pa te wees," sê Helen Zille

Vandeesweek het die jaarlikse “16 Dae van Aktivisme teen Geslagsgeweld” begin. Dit is ’n wêreldwye veldtog wat in 1991 aan die Center for Women’s Global Leadership aan die Rutgers-universiteit in die Verenigde State ontstaan het.

Die 16 dae begin op 25 November (Internasionale Dag teen Geweld teen Vroue) en eindig op 10 Desember (Internasionale Menseregtedag). Dié twee datums word gekoppel om te benadruk dat geweld teen vroue ’n skending van menseregte is. Die veldtog word in sowat 156 lande orals op aarde op verskeie maniere gevoer.

In Suid-Afrika het ons nog ’n dimensie bygevoeg – kinderregte. Ons noem die veldtog die “16 Dae van Aktivisme vir Geen Geweld teen Vroue en Kinders”. In ons konteks is dit ’n noodsaaklike toevoeging. Lees meer ...

Click here to read English text

No comments:

Post a Comment

Comment here
Lewer hier kommentaar