Die Demokratiese Alliansie is verbind tot uitnemende dienslewering. Saam kan ons berge versit. The Democratic Alliance is committed to service excellence. Together we can move mountains. SAVE KOUGA. VOTE DA ON 18 MAY 2011

Click
here if you have any comments about the Democratic Alliance in the Jeffreys Bay region.

12 November, 2010

Helen se weeklikse nuusbrief - 9 November 2010

(Click here to read the English text)

Die regering wat hulle verdien?

Die internasionale politiek is vandeesweek oorheers deur wat pres. Barack Obama sy “skrobbering” (“shellacking”) in die middeltermyn-verkiesings genoem het. Die burgers van die VSA het die mag van hul stemme ingespan om hul frustrasie met die trae pas van ekonomiese herstel uit te druk.

Op Vrydag het ek tydens my besoek aan Indermark hieroor nagedink. Indermark is ’n klein dorpie met omtrent 5 000 inwoners ongeveer 90 minute per motor noord van Polokwane in Limpopo. Indermark maak deel van die Blouberg-munisipaliteit uit, waar die ANC in die een verkiesing na die ander meestal 90% van die stemme verwerf.

Die hoofdoel van my besoek was om “die kraan oop te draai” wat die gemeenskap ’n betroubare, toeganklike bron van water sou gee.

Daar is ander krane hier en daar in Indermark, maar hulle is dolleeg. ’n Waterstelsel wat die munisipaliteit voor die plaaslike verkiesings van 2006 aangebring het, het nooit gewerk nie. Die mense vertel my hulle koop water teen R10 per plastiekdrom van die min mense wat hul eie boorgate het. Vir die armoede-geteisterde gemeenskap van Indermark bestaan daar nie iets soos “gratis basiese dienste”, wat in munisipaliteite met die DA aan bewind die norm is nie.

’n Groep plaaslike DA-aktiviste het besluit om iets omtrent die waterkrisis te doen. Hulle het Koos en Jimmy van Amstel, plaaslike aartappelboere, genader om ’n boorgat, ’n tenk, ’n pomp en ’n kraan te voorsien (asook deurlopende instandhouding en krag) sodat die gemeenskap van Indermark ’n betroubare bron van gratis water kan geniet.

Ek het ook die plaaslike voedingskema en sorgsentrum vir 50 weeskinders besoek. Die sentrum word deur me. Mary Lamola bedryf. Sy en haar helpers is sogenaamd “in diens van” Limpopo se provinsiale regering, maar het ’n jaar gelede laas hul maandelikse besoldiging van R1 100 gekry. Mary het aan my vertel dat sy die sentrum alleenlik kan bedryf danksy die skenkings wat sy van plaaslike boere kry.

Wanneer ’n gemeenskap opdaag om die oopdraai van die enigste werkende gemeenskaplike kraan in hul dorp te vier, en wanneer plaaslike gesondheidswerkers steeds sonder betaling voortgaan om vir weeskinders te sorg, sien ’n mens dinge in perspektief. Veral in ’n provinsie wat in ’n spesiale verslag van die Ouditeur-Generaal as die mees korrupte in Suid-Afrika ten opsigte van regeringstenders uitgewys is. Die plaaslike munisipaliteit het in vyf uit die afgelope ses jaar oudit-weierings ontvang (die ernstigste strafbepaling vir finansiĆ«le wanbestuur). In Augustus vanjaar het die munisipaliteit nie ’n sent van sy bedryfsbegroting van R88 miljoen bestee nie. Hy het ook nog niks van die kapitaalbegroting van R38 miljoen bestee nie.

My besoek aan Indermark het nogmaals op ’n sterk praktiese manier by my tuisgebring hoe ’n korrupte en ondoeltreffende regering mense armer maak. Lees meer ...

No comments:

Post a Comment

Comment here
Lewer hier kommentaar