Die Demokratiese Alliansie is verbind tot uitnemende dienslewering. Saam kan ons berge versit. The Democratic Alliance is committed to service excellence. Together we can move mountains. SAVE KOUGA. VOTE DA ON 18 MAY 2011

Click
here if you have any comments about the Democratic Alliance in the Jeffreys Bay region.

12 November, 2010

Where is the R20 billion "cash injection" going to come from?

The public deserves to know

The Democratic Alliance (DA) calls on the Zuma administration to make public the exact costing of how the government's planned R20 billion cash injection into Eskom is to be funded. This is a considerable amount of money that is apparently being provided to Eskom on top of the doubling of the guarantee framework agreed to last month. Read more ...

Helen se weeklikse nuusbrief - 9 November 2010

(Click here to read the English text)

Die regering wat hulle verdien?

Die internasionale politiek is vandeesweek oorheers deur wat pres. Barack Obama sy “skrobbering” (“shellacking”) in die middeltermyn-verkiesings genoem het. Die burgers van die VSA het die mag van hul stemme ingespan om hul frustrasie met die trae pas van ekonomiese herstel uit te druk.

Op Vrydag het ek tydens my besoek aan Indermark hieroor nagedink. Indermark is ’n klein dorpie met omtrent 5 000 inwoners ongeveer 90 minute per motor noord van Polokwane in Limpopo. Indermark maak deel van die Blouberg-munisipaliteit uit, waar die ANC in die een verkiesing na die ander meestal 90% van die stemme verwerf.

Die hoofdoel van my besoek was om “die kraan oop te draai” wat die gemeenskap ’n betroubare, toeganklike bron van water sou gee.

Daar is ander krane hier en daar in Indermark, maar hulle is dolleeg. ’n Waterstelsel wat die munisipaliteit voor die plaaslike verkiesings van 2006 aangebring het, het nooit gewerk nie. Die mense vertel my hulle koop water teen R10 per plastiekdrom van die min mense wat hul eie boorgate het. Vir die armoede-geteisterde gemeenskap van Indermark bestaan daar nie iets soos “gratis basiese dienste”, wat in munisipaliteite met die DA aan bewind die norm is nie.

’n Groep plaaslike DA-aktiviste het besluit om iets omtrent die waterkrisis te doen. Hulle het Koos en Jimmy van Amstel, plaaslike aartappelboere, genader om ’n boorgat, ’n tenk, ’n pomp en ’n kraan te voorsien (asook deurlopende instandhouding en krag) sodat die gemeenskap van Indermark ’n betroubare bron van gratis water kan geniet.

Ek het ook die plaaslike voedingskema en sorgsentrum vir 50 weeskinders besoek. Die sentrum word deur me. Mary Lamola bedryf. Sy en haar helpers is sogenaamd “in diens van” Limpopo se provinsiale regering, maar het ’n jaar gelede laas hul maandelikse besoldiging van R1 100 gekry. Mary het aan my vertel dat sy die sentrum alleenlik kan bedryf danksy die skenkings wat sy van plaaslike boere kry.

Wanneer ’n gemeenskap opdaag om die oopdraai van die enigste werkende gemeenskaplike kraan in hul dorp te vier, en wanneer plaaslike gesondheidswerkers steeds sonder betaling voortgaan om vir weeskinders te sorg, sien ’n mens dinge in perspektief. Veral in ’n provinsie wat in ’n spesiale verslag van die Ouditeur-Generaal as die mees korrupte in Suid-Afrika ten opsigte van regeringstenders uitgewys is. Die plaaslike munisipaliteit het in vyf uit die afgelope ses jaar oudit-weierings ontvang (die ernstigste strafbepaling vir finansiële wanbestuur). In Augustus vanjaar het die munisipaliteit nie ’n sent van sy bedryfsbegroting van R88 miljoen bestee nie. Hy het ook nog niks van die kapitaalbegroting van R38 miljoen bestee nie.

My besoek aan Indermark het nogmaals op ’n sterk praktiese manier by my tuisgebring hoe ’n korrupte en ondoeltreffende regering mense armer maak. Lees meer ...

09 November, 2010

Presidential residences: Houses cost state far in excess of official figure

In a recent parliamentary reply from the Minister of Performance Monitoring and Evaluation, Collins Chabane, state expenditure on the five Presidential Residences still remains unclear. His response to the question is a clear attempt to conceal the truth from the South African public and raises serious concerns about the Presidency’s approach to accountability. Read more

Cabinet reshuffle: Commitment to accountability key to new cabinet’s success

There are serious challenges facing the reshuffled Zuma cabinet- particularly with regards to tackling unemployment and improving service delivery. The extent to which the President is able to pursue a path which is based on a commitment to accountability and performance, rather than one which uses state positions and resources to reward political loyalty, will be the determining factor of his administration’s success. Read more

03 November, 2010

Good news South Africa

Investors keen on solar park
More than 400 local and foreign investors, who attended a two-day Solar Park conference last week organised by the Department of Energy, went back to their boardrooms with a feeling of enthusiasm, as prospects for the project appeared more positive. Read more ... 

Stellenbosch University offers anti-corruption course
Hundreds of public servants are being taught the difference between right and wrong at a university anti-corruption course. Read more ...

Cheaper internet on SA's horizon
Broadband pundits are predicting internet connection rates in South Africa to drop by between 20% and 25% in the next 12 months. Read more ...

Bhisho no longer upbeat on matric pass rate

The Eastern Cape Education Department has “revised downwards” its earlier upbeat forecast of a 10% improvement in this year’s matric pass rate, but remains “fairly optimistic” that it can do marginally better than last year’s dismal 51%.

The DA has called into question the department’s ability to handle this year’s exams, following the AG’s disclaimer and last year’s debacle which saw thousands of markers go unpaid until March. “Our question is whether markers from last year will be willing to mark the exam scripts again this year, because of this type of mismanagement (which led to the disclaimer),” said DA educational spokesman and MPL Edmund van Vuuren, a former principal.

Click here to read the full story.

'n Eg Suid-Afrikaanse identiteitskrisis

(Click here to read the English text)

Namate die ANC se uiteenlopende steun steeds verbrokkel en die party al hoe meer deur ’n uitgelese groep korrupte magsmakelaars versinnebeeld word, staan talle tradisionele ANC-ondersteuners (veral dié wat as deel van die “intelligentsia” beskou kan word) voor ’n identiteitskrisis: hulle kan hulle nie vereenselwig met wat die ANC geword het nie, maar hulle kan ook nie sommer net so padgee nie.

Hulle hunker na “die morele hoogtes” – ’n plek wat die ANC eens as uitsluitlik sy eie beskou het. Daarom soek hulle maniere om weer daardie vertroostende gevoel te herwin sonder om hul bande met die ANC te verbreek.

Hulle glo die ANC kan van homself gered word; hulle gee individue in die regering die skuld vir die ANC se mislukkings, maar is steeds “lojale kaders” van die beweging. Hulle soek troos by ander ontgogelde aktiviste en skep verskeie “maatskaplike bewegings” waar hulle probeer om die maatskaplike aktivisme en massapolitiek van die UDF te laat herleef. Hulle kritiseer die regering (veral wanneer dit ’n DA-regering is). In hul wese bly hulle egter lojaal teenoor wat die ANC na hul mening eens was, en wat hulle hoop hy steeds kan word – as die regte “kaders” maar net in sleutelposte aangestel kon word.

Ek weet hoe voel hulle, want ek was eens in dieselfde identiteitskrisis vasgevang. Ek het lankal die illusie laat vaar dat die ANC van homself gered kan word. Die ANC se oorheersende ideologie van rasse-nasionalisme en politieke begunstiging is nou só ingeburger dat individue met goeie bedoelings wat probeer om die waardes van Nelson Mandela te laat herleef, dit nie kan omkeer nie.

Klik hier om die volledige teks van Helen Zille se nuusbrief van 3 November 2010 te lees