Die Demokratiese Alliansie is verbind tot uitnemende dienslewering. Saam kan ons berge versit. The Democratic Alliance is committed to service excellence. Together we can move mountains. SAVE KOUGA. VOTE DA ON 18 MAY 2011

Click
here if you have any comments about the Democratic Alliance in the Jeffreys Bay region.

17 September, 2010

Helen se weeklikse nuusbrief - 17 September 2010

Zuma moet die ekonomiese stuur vasgryp

Op die oomblik lê ek grootliks die klem op strategieë om armoede in ons land te verminder en te verlig. Ingeburgerde armoede is sonder twyfel die grootste struikelblok wat ons te bowe moet kom as ons ’n suksesvolle en volhoubare demokrasie wil word waarin mense lewens kan lei waarop hulle waarde stel.


Volgehoue ekonomiese groei is ’n noodsaaklike (maar ontoereikende) voorwaarde om armoede te oorwin. Dit beteken dat beleid bedink en in werking gestel moet word om te sorg dat ons ekonomie globaal meer mededingend word sodat ons meer belegging sal lok en meer werk kan skep. Elke land wat sy armste burgers volhoubaar uit armoede gelig het, het dit gedoen deur meer mededingend te word.


Ons het gister verneem dat Suid-Afrika 9 plekke, van 45 tot 54, in die Wêreld Ekonomiese Forum se Globale Mededingendheidsindeks teruggesak het. Dié indeks meet en vergelyk die mededingendheid van 139 lande, met gebruik van aanwysers soos infrastruktuur, makro-ekonomiese omgewing, gesondheid, onderwys, arbeidsmark-doeltreffendheid en vernuwing.


Die indeks onthul dat die stand van onderwys en gesondheid die grootste remming op ons mededingendheid plaas. Ons onderwysstelsel het op 130 uit 139 gestaan, en die gehalte van Wiskunde en Wetenskap was op twee na die laaste – nommer 137. Wat gesondheid betref, het ons ten opsigte van lewensverwagting op nommer 127 uit 139 gestaan, hoofsaaklik as gevolg van die breë voorkoms van MIV/vigs (ten opsigte van daardie aanwyser was ons op nommer 136).


Ons misdaadkoers – hoewel dit volgens die jongste misdaadstatistiek in die breë daal – het ook ’n uitwerking op ons globale mededingendheid. Uit die 139 lande wat ondersoek is, was ons op twee na laaste op nommer 137.


Nie alles was so vrot nie. Op sommige terreine het ons merkwaardig goed gevaar en beter punte as sommige van die wêreld se mees ontwikkelde ekonomieë behaal. Ons was nommer een ter wêreld vir die krag van ons ouditering- en verslagdoeningstandaarde, en nommer een vir die regulering van sekuriteitebeurse. Ongelukkig is dit baie makliker om ’n goeie ouditeringstelsel in stand te hou as om ’n mislukkende onderwysstelsel reg te ruk of die verspreiding van MIV/vigs te stuit.


Daar is egter dinge wat ons onmiddellik kan doen om ons mededingendheid te verbeter, werk te skep en armoede te verminder.

Klik hier om die volledige berig te lees.
Click here to read the English text.

No comments:

Post a Comment

Comment here
Lewer hier kommentaar