Die Demokratiese Alliansie is verbind tot uitnemende dienslewering. Saam kan ons berge versit. The Democratic Alliance is committed to service excellence. Together we can move mountains. SAVE KOUGA. VOTE DA ON 18 MAY 2011

Click
here if you have any comments about the Democratic Alliance in the Jeffreys Bay region.

08 September, 2010

Helen se weeklikse nuusbrief - 6 September 2010

Dinge wat ons moet doen om armoede te oorwin

Die dae is verby toe ontwikkelende lande – wat voorheen die “derde wêreld” genoem is – altyd die status van slagoffers gehad het. Al die jongste navorsing dui op die volgende gevolgtrekking: lande kan besluit om armoede te oorwin. Dis beslis ’n moeilike keuse, en dit behels almal. Dit is nie die weg van die minste weerstand nie, maar dit is moontlik.

Een van die jongste en mees gesaghebbende voorbeelde is die “Groeiverslag” van die Internasionale Groei- en Ontwikkelingskommissie wat 13 sogenaamde “wonderwerklande” [1] wat 25 jaar of langer hoë groeikoerse (wat op 7% of meer vasgestel is) in stand gehou het, bestudeer het.

Die Kommissie het bevind dat vinnige en volgehoue groei vir ontwikkelende lande moontlik is solank hul leiers tot die bereiking daarvan verbind is, en baat by die geleenthede wat die globale ekonomie bied.

Dis ’n welkome afwyking van die gewring van hande en slagofferstatus wat dikwels met besprekings oor armoede in Afrika gepaard gaan. Dit bied geweldig baie inspirasie aan ons almal wat wil bewys dat die Afro-pessimiste dit ten opsigte van ons land en vasteland mis het.

Dit is ook bemoedigend dat dié opvattings in die nasionale regering neerslag begin vind. Pres. Zuma en die Minister van Finansies, Pravin Gordhan, het albei onlangs begin sê dat ons ’n groeikoers van 7% moet bereik. Dit is ook bemoedigend dat konsensus al hoe meer kop uitsteek dat ekonomiese groei ’n baie belangrike (maar ontoereikende) toestand is as ons die stryd teen armoede wil wen.

Die vraag is: hoe doen ons dit?

Lees die volledige teks deur hier te klik.

To read the full text in English, click here 

No comments:

Post a Comment

Comment here
Lewer hier kommentaar