Die Demokratiese Alliansie is verbind tot uitnemende dienslewering. Saam kan ons berge versit. The Democratic Alliance is committed to service excellence. Together we can move mountains. SAVE KOUGA. VOTE DA ON 18 MAY 2011

Click
here if you have any comments about the Democratic Alliance in the Jeffreys Bay region.

08 September, 2010

Wes-Kaapse ouditverslae: Dis die verskil wat ’n DA-administrasie maak

Die Ouditeur-Generaal se verslag oor provinsiale oudit-uitkomste vir 2009, wat onlangs bekend gemaak is, onthul dat die Demokratiese Alliansie (DA) se administrasie in die Wes-Kaap strykdeur ongekwalifiseerde ouditverslae vir alle staatsdepartemente en openbare entiteite gekry het.

Helen Zille, die leier van die DA, het die verslag verwelkom en gesê dis ’n beduidende ontwikkeling vir Suid-Afrika. Zille sê die provinsiale oudit-uitkomste onthul dat die prestasie van die Wes-Kaapse daarop dui dat sy regering aansienlik van die ANC s’n verskil.

Die DA se leier sê in Suid-Afrika het geen provinsiale administrasie onder die ANC sedert 2004 ’n volledige stel ongekwalifiseerde ouditverslae gekry nie. Daarenteen het die DA dit in sy eerste jaar aan bewind reggekry. Goeie regering is moontlik deur ’n kultuur van toerekenbaarheid in te voer, asook ’n samesnoerende visie, sê Zille.

Die verslag volg kort op die hakke van die bekendstelling van Operasie Skoon Oudit 2014 in die laaste maande van verlede jaar deur Sicelo Shiceka, die Minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Aangeleenthede. Dié veldtog is van stapel gestuur as ’n landswye inisiatief om teen 2014 ongekwalifiseerde finansiële oudits in al die provinsies te bewerkstellig. Ná een jaar met die DA aan die stuur, is die Wes-Kaap die eerste provinsie in Suid-Afrika wat daardie teiken bereik het – vier jaar voor die spertyd.

Zille sê dit is moontlik dat die korrupsie, wanadministrasie en verkwistende besteding wat so baie van Suid-Afrika se staatsdiens deurtrek, omgekeer kan word. Sy wys daarop dat die DA die behoorlike bestuur van die publiek se bates baie ernstig bejeën. Dit is ’n belangrike stap om te sorg dat die publiek se geld aan die lewering van meer dienste aan meer mense bestee word.

Dit is waarom al hoe meer Suid-Afrikaners hulle tot die Demokratiese Alliansie wend as ’n party wat vir alle Suid-Afrikaners beter regeer, sê Zille.

No comments:

Post a Comment

Comment here
Lewer hier kommentaar