Die Demokratiese Alliansie is verbind tot uitnemende dienslewering. Saam kan ons berge versit. The Democratic Alliance is committed to service excellence. Together we can move mountains. SAVE KOUGA. VOTE DA ON 18 MAY 2011

Click
here if you have any comments about the Democratic Alliance in the Jeffreys Bay region.

25 October, 2010

Lesse uit die moeder van alle toesmeerderye geleer

(Click here to read the English text)

Die Valke het verlede week aangekondig dat hulle die ondersoek na die wapentransaksie sluit. Daar was geen openbare bohaai nie. ’n Mens bereik ’n punt waar ’n land aan skandaal-uitputting begin ly. Korrupte regerings (veral dié wat taamlik seker is dat hulle weer aan bewind gaan kom) weet dat die meeste korrupsieskandale uiteindelik doodloop as die toesmeerdery lank genoeg uitgerek kan word. Die Wapentransaksie is ’n goeie voorbeeld. Die Valke se aankondiging is maar net die jongste in ’n reeks Wapentransaksie-toesmeerderye wat oor ’n hele dekade heen strek.

’n Opposisieparty kan dit nie bekostig om aan skandaal-uitputting te ly nie. Ons sal steeds bly grawe, en ons glo dat die waarheid oplaas tog sal seëvier. Ons is byvoorbeeld steeds betrokke by ’n hofsaak teen die Nasionale Vervolgingsgesag se besluit om aanklagte van korrupsie teen pres. Zuma terug te trek. Die wyse waarop pres. Zuma se regspan in die afgelope dekade elke moontlike vertragingstaktiek gebruik het om te sorg dat die wesenlike saak nie in ’n bevoegde hof beslis word nie, is in eie reg ’n skandaal. Die misbruik van die strafregstelsel in die toesmeerdery van die Wapentransaksie sal selfs meer skade aan ons land se konstitusionele demokrasie doen as die korrupsie self.

Noudat die Valke dié saak laat vaar het, is dit belangrik om na te dink oor wat oor die afgelope dekade gebeur het, en onsself ’n paar vrae af te vra. Hoe het die ANC dit reggekry om só lank so ’n massiewe korrupsieskandaal waarby so baie individue betrokke was, toe te smeer, en skotvry daarvan af te kom? Waarom het al die meganismes van ons grondwetlike demokrasie – die media, die howe, die opposisie – misluk, en kon hulle net aan die oppervlak van dié aangeleentheid krap? Wat sê dit oor ons vermoë om die terugsakking in die korrupte en kriminele staat wat so baie ander lande op ons vasteland vernietig het, te keer?

Klik hier om die res van Helen se weeklikse nuusbrief van 22 Oktober 2010 te lees

No comments:

Post a Comment

Comment here
Lewer hier kommentaar