Die Demokratiese Alliansie is verbind tot uitnemende dienslewering. Saam kan ons berge versit. The Democratic Alliance is committed to service excellence. Together we can move mountains. SAVE KOUGA. VOTE DA ON 18 MAY 2011

Click
here if you have any comments about the Democratic Alliance in the Jeffreys Bay region.

01 October, 2010

Nasionale Gesondheidsversekering: DA vra volle besonderhede

(Click here to read English text)

Die Demokratiese Alliansie (DA) het ’n beroep op dr. Aaron Motsoaledi, die Minister van Gesondheid, gedoen om volledige besonderhede van die program vir die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) onmiddellik aan die publiek bekend te stel. Indien nie, moet die voorstel teruggetrek word totdat die besonderhede behoorlik verduidelik kan word.

Mike Waters LP, die skaduminister van gesondheid, sê die besonderhede wat bekend gemaak is, is vaag. Die ware, spesifieke besonderhede van die program is steeds duister.

Waters voeg by dat die Portefeuljekomitees op Gesondheid en Finansies by die proses betrek moet word. Parlementariërs, onafhanklike navorsers, nie-regeringsorganisasies en gewone burgers het ’n reg om die besonderhede van die voorstelle onder oë te kry, en dan daaroor debat te voer, sê hy.

Waters kritiseer die huidige toestand, en sê ’n potensiële groot opknapping van die stelsel vir openbare gesondheid word agter geslote deurE uitgevoer. In wese is dit ’n ondemokratiese en ondeursigtige manier van doen.

Waters spreek sy kommer uit oor die finansieringsberekenings waarmee die taakspan vorendag gekom het. Hy sê verskeie ander organisasies het berekenings gemaak wat op veel hoër kostes dui.

Lande met meer die drie maal Suid-Afrika se BBP sukkel met die finansies vir die inwerkingstelling van die soort stelsel wat blykbaar beoog word, sê Waters. Hy wys daarop dat die regering nie eens akkurate syfers het vir hoeveel spesialiste in die openbare sektor werk, of hoeveel die individuele dienste wat hy lewer, kos nie. Tensy daar ’n stelsel is om dié syfers te bepaal, is dit moeilik om vas te stel of die ANC se syfers akkuraat is, sê Waters.

Die DA stem met die ANC saam dat die stelsel vir openbare gesondheid dringend reggeruk moet word, want die huidige stelsel stort inmekaar. Waters sê bewyse dui op drie groot probleme in die gesondheidstelsel:

Verwydering van die onverklaarbare belemmerings vir die opleiding van professionele mediese personeel. Dit behels onder meer die verbod op die opleiding van geneeshere in die private sektor asook kwotas ten opsigte van die opleiding van verpleegsters deur die private sektor, en die heropening van verpleegsterskolleges wat in die jare negentig gesluit is.

Daar is steeds groot probleme met hospitale se vermoë en doeltreffendheid, en veral hul bestuurders. Die aanstelling van hospitaalbestuurders op grond van begunstiging eerder as geskiktheid vir die doel, belemmer die voorsiening van gesondheidsorg van gehalte in openbare instellings, sê Waters.

Die burokratiese en oudmodiese stelsel vir hospitaalbestuur moet verander word om hospitale se bestuur die gesag te gee om hul werk te doen. Basiese werksaamhede soos personeel-aanstellings moet veel minder rompslomp behels, sê hy.

Waters sê die DA steun sommige aspekte van die voorstelle, soos verpligte bydraes tot mediese dekking vir mense wat in diens is.

No comments:

Post a Comment

Comment here
Lewer hier kommentaar