Die Demokratiese Alliansie is verbind tot uitnemende dienslewering. Saam kan ons berge versit. The Democratic Alliance is committed to service excellence. Together we can move mountains. SAVE KOUGA. VOTE DA ON 18 MAY 2011

Click
here if you have any comments about the Democratic Alliance in the Jeffreys Bay region.

17 October, 2010

Nasionale Gesondheidsversekering: ANC-voorstelle spreek Suid-Afrika se krisis in openbare gesondheidsorg nie aan nie

(Click here to read the English text)

Mike Waters LP, die skaduminister van gesondheid, het die voorgestelde Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) gekritiseer. Hy sê die Demokratiese Alliansie glo nie dit sal die probleme wat die stelsel vir openbare gesondheid teister, genoegsaam aanspreek nie. Hy sê dit verteenwoordig meer burokrasie en meer sentralisering, en sal die probleme in openbare gesondheid dus in werklikheid net vererger.

Waters sê die ANC se redes vir ’n NGV berus op ’n behoefte om universele gesondheidsdekking te bied, maar openbare gesondheidsorg in Suid-Afrika is reeds universeel, want enige burger en inwoner van die land het daartoe toegang. Niemand word by ’n instelling vir openbare gesondheid weggewys nie, en die armes kry gratis gesondheidsorg, sê Waters. Die eintlike probleem lê by gehalte, en dit word gedurig deur die ANC-regering geïgnoreer, veral omdat hy daarop aandring om die stelsel vir openbare gesondheid as ’n werktuig vir sy politieke programme van kaderontplooiing en sentralisering te gebruik, sê Waters.

Navorsingstudies na die toestand van die openbare gesondheidsektor toon dat vyf belangrike aangeleenthede geïdentifiseer word:

  • Wanbestuur van geld
  • Sentralisering
  • Swak bestuur weens onvanpaste bestuursaanstellings
  • Swak toestande in hospitale
  • Tekort aan vaardige gesondheidsorgpersoneel
Waters sê die DA steun sommige aspekte van die voorstelle, onder meer die verpligte bydraes tot mediese dekking vir werkloses; die aandrang op meer bestuursoutonomie vir fasiliteite vir openbare gesondheid; en die skepping van die Kantoor van Standaardevoldoening. Laastens steun die DA die ontwikkeling van ’n versterkingsplan vir die gesondheidstelsel en ’n geïntegreerde inligtingstelsel, wat die doeltreffendheid van die stelsel vir openbare gesondheid baie sal verbeter, sonder dat die hele stelsel van nuuts af geskep hoef te word.

No comments:

Post a Comment

Comment here
Lewer hier kommentaar