Die Demokratiese Alliansie is verbind tot uitnemende dienslewering. Saam kan ons berge versit. The Democratic Alliance is committed to service excellence. Together we can move mountains. SAVE KOUGA. VOTE DA ON 18 MAY 2011

Click
here if you have any comments about the Democratic Alliance in the Jeffreys Bay region.

23 October, 2010

Spanning in Ministerie: DA gaan min. Blade Nzimande vra om voor die Parlement te verskyn

(Click here to read the English Text)

Ian Davidson LP, die DA se Hoofsweep, het kommer uitgespreek oor onlangse spanning in die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding. Min. Blade Nzimande is in nóg ’n skandaal met die direkteur-generaal (DG), Mary Metcalfe, betrokke. Na bewering het hy haar gevra om te bedank. Davidson sê indien dié berigte waar is, moet die Minister sy besluit aan die Parlement kom verduidelik. Die Demokratiese Alliansie (DA) gaan dr. Nzimande dus vra om voor die Portefeuljekomitee op Hoër Onderwys en Opleiding te verskyn.

Davidson sê talle bronne doen aan die hand dat daar botsings tussen die Minister en die DG was, na bewering oor sy duur buitelandse reise en verblyf in luukse hotelle tydens sy ampstermyn in die Kabinet.

Hy voeg by dat die DA aan die voorsitter van die Portefeuljekomitee op Hoër Onderwys en Opleiding gaan skryf en versoek dat dr. Nzimande voor die komitee moet verskyn om vrae oor sy departement te beantwoord. Dit is hoog tyd dat die Minister openlik en deursigtig moet wees oor die sake van ’n departement met die verantwoordelikheid vir toesig oor die onderwys en opleiding van ons mense, sê Davidson.

Ongelukkig is dit nie die eerste keer dat die Minister by omstredenheid betrokke was nie. In sy kort ampstermyn het hy hom aan onetiese, selfbevredigende en oordadige besteding skuldig gemaak, onder meer die aankoop van ’n luukse BWM as sy ampsmotor, en lang tye van verblyf in duur hotelle, sê hy.

Davidson sê die DA is bekommerd dat aantygings dat die DG moontlik in die pad gesteek is, ná talle bedankings, oorplasings, en die ontslag van direkteure-generaal in die Zuma-bewind die ronde doen.

Augustus 2009: Portia Molefe, die DG van Openbare Ondernemings, bedank
April 2010: Jessie Duarte, die Bedryfshoof in die Presidensie, bedank
Junie 2010: Jimmy Manyi, die DG van Arbeid, word geskors
Julie 2010: Thozamile Gwanya, die DG van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, bedank
Julie 2010: Mamoduphi Mohlala, die DG van Kommunikasie, word afgedank
September 2010: Vusi Mavimbela, die DG van die Presidensie, word oorgeplaas

Dié skuiwe in die hoogste vlakke van die staatsdiens hou niks goeds vir dienslewering in nie. Suid-Afrika se mense is geregtig op ’n mate van konsekwentheid in die departemente wat hulle dien. Die Minister moet minstens die aantyging van onmin in sy Departement bevestig of ontken, sê Davidson.

No comments:

Post a Comment

Comment here
Lewer hier kommentaar