Die Demokratiese Alliansie is verbind tot uitnemende dienslewering. Saam kan ons berge versit. The Democratic Alliance is committed to service excellence. Together we can move mountains. SAVE KOUGA. VOTE DA ON 18 MAY 2011

Click
here if you have any comments about the Democratic Alliance in the Jeffreys Bay region.

25 February, 2011

DA verwelkom inwoners se besluit.

Die voorsitter van die koördinerende komitee van die Demokratiese Alliansie in die Jeffreysbaai-streek, dr. Nico Botha, het die lede van die Jeffreysbaai-inwonersvereniging geloof omdat hulle besluit het om voorlopig nie hulle eiedomsbelasting as ‘n vorm van protes teen swak plaaslike munisipale dienslewering te weerhou nie.

“Dit was gewis ‘n verstandige stap,” het Botha gesê.

Hierdie besluit is tydens die vereniging se algemene jaarvergadering op 22 Februarie geneem.

“Ons lede twyfel of so ‘n stap wettig is,” het die voormalige voorsitter, dr. Barry Vosloo, aan DAtanet gesê. Hy het verwys na ‘n bevinding van die Community Law Centre van die Universiteit van Wes-Kaapland wat ondersoek ingestel het na die verskynsel van belastingweerhouding deur vyf Suid-Afrikaanse munisipaliteite. Die volledige verslag kan op http://www.ldphs.org.za/publications/publications-by-theme/local-government-in-south-africa/withholding-of-rates/Withholding%20of%20rates%2015Nov010.pdf gelees word.

Dié ondersoek het bevind dat, selfs al is die redes vir belastingweerhouding hóé geldig, enige optrede wat nie deur ‘n hof goedgekeur is nie, onwettig sal wees.

“Ons lede sien nie kans vir die regskoste wat so ‘n stap noodwendig sal meebring nie,” het Vosloo gesê.

Hierbenewens het die lede kleinkoppie getrek vir die administratiewe implikasies van belastingweerhouding. Die eiendomsbelasting wat weerhou word, sal in ‘n trustrekening gedeponeer en noukeurig bestuur moet word.

Volgens Vosloo het hy verneem dat die St. Francisbaai-inwonersvereniging, wat klaarblyklik reeds ‘n besluit geneem het om hulle belastings te weerhou, voornemens is om ‘n voltydse betaalde administratiewe beampte vir hierdie doel aan te stel. Hiervoor sien Jeffreysbaaiers nie kans nie.

Vosloo is van mening dat inwoners hulle altyd kan wend tot alternatiewe vorms van protes. Dit kan nie-gewelddadige verset insluit soos byvoorbeeld besetting van munisipale kantore (sit-ins), plakkaatbetogings en Black Sash-tipe vigils. Hierbenewens kan protesbriewe aan die burgemeester en die plaaslike media gerig en openbare protesvergaderings gehou word.

No comments:

Post a Comment

Comment here
Lewer hier kommentaar