Die Demokratiese Alliansie is verbind tot uitnemende dienslewering. Saam kan ons berge versit. The Democratic Alliance is committed to service excellence. Together we can move mountains. SAVE KOUGA. VOTE DA ON 18 MAY 2011

Click
here if you have any comments about the Democratic Alliance in the Jeffreys Bay region.

08 February, 2011

Werkskepping vereis taai keuses

Niemand was verbaas toe pres. Zuma die jaar afskop deur te verklaar dat 2011 die “jaar van werkskepping” gaan wees nie. Werkskepping gaan ook die belangrikste tema van volgende week se Staatsrede wees. Voor elke verkiesing verskerp die ANC sy retoriek oor werkskepping. Hy weet werkskepping is die aangeleentheid waaroor Suid-Afrikaners die meeste omgee.

Die DA ook. Beleid wat werkskeppende ekonomiese groei aanmoedig, moet Suid-Afrika se hoogste prioriteit wees. Dit was nog altyd die kern van die DA se beleid aan bewind en as opposisie. Ons beleid is daarop gemik om dit makliker te maak om werk te skep, en makliker om werk te kry.

Dis goed om met ’n landswye konsensus weg te spring, naamlik dat werkskeppende ekonomiese groei Suid-Afrika se hoogste prioriteit is. Die debat moet draai om hoe dit die beste bereik kan word. Min mense verstaan dat die keuse van ’n beleidsprioriteit gevolge dra vir elke besluit wat ons aan bewind maak. Gans te dikwels word die prioriteit ondermyn deur ander, skynbaar onverwante, besluite wat nogtans ernstige implikasies vir werkskepping het.
Lees meer hier ...

Click here to read the English text

No comments:

Post a Comment

Comment here
Lewer hier kommentaar