Die Demokratiese Alliansie is verbind tot uitnemende dienslewering. Saam kan ons berge versit. The Democratic Alliance is committed to service excellence. Together we can move mountains. SAVE KOUGA. VOTE DA ON 18 MAY 2011

Click
here if you have any comments about the Democratic Alliance in the Jeffreys Bay region.

25 February, 2011

Notule van die Wyk 3-komiteevergadering, gehou op 18 Januarie 2011

Verwelkoming
Die Voorsitter heet lede van die komitee asook genooide gaste baie welkom en open met gebed.

Goedkeuring van die vorige notule
Die notule die vorige notule (23 November 2010) word as gelees beskou en goedgekeur. Voorsteller: H Retief; sekondant: Charles Womersley.

Sake voortspruitend
• Huisvergaderings realiseer nie. Doen weer ‘n beroep op komiteelede.
• Finale afbakening van Wyk 3 bekend. Grense word aan die vergadering voorgehou: Poplar, AD Keet tot by Noorsekloof, af tot by die see, tot by Tecoma en dan Da Gama tot by Poplar.

Aspirant-kandidate - Wyk 3:
Die sekretaris vra ‘n spreekbeurt en meld dat mnr. Brenton Williams, woonagtig in Marina Martinique, en syself nou as goedgekeurde aspirant-kandidate vir Wyk 3 benoem is. Daar bestaan ook die moontlikheid van onafhanklike kandidate. Die sekretaris vra raad van die vergadering oor hoe om die situasie van twee kandidate in ‘n wyk te hanteer. Raadslid Botha sê dat die DA geen kandidate wil ontmoedig nie en kyk na potensiaal. In hierdie stadium is die komitee se standpunt dat hy vir die DA werk.

Die vergadering meen dat dit onverstaanbaar is dat twee kandidate wat hulle vir dieselfde posisie beywer, moet saamwerk.

Die vergadering het voorbehoude ten opsigte van die feit dat die sekretaris mnr. Williams moet skakel en nooi om saam te werk.

Die vergadering voel dat ‘n onbekende kandidaat die wyk baie stemme sal kos. Aspirant-kandidaat Thiart is welbekend in Wyk 3 as een wat haar as voorsitter van die Jeffreysbaai-belastingbetalersverenigingen toegewy het aan dienslewering aan die gemeenskap.

Daar word besluit dat daar wél met mnr. Wlliams kontak gemaak sal word en dat hy genooi sal word om insette te lewer en te help met herregistrasie.

Verslag - Raadslid dr. Nico Botha.
• Fred Dennis en Japie Jansen is terug in hul poste. Die DA is die mening toegedaan dat die saak so gou moontlik afgehandel moet word.
• Die omstrede kontrak vir 2500 huise in Kruisfontein gaan voort. Kontrakteurs is reeds op die terrein. Daar is gerugte dat die ROD, wat magtiging verleen vir die bou van die 2500 huise, nie bestaan nie. Daar is ‘n opname gemaak vir die bou van nog 1726 huise in Jeffreysbaai. Die vraag word gevra wie die oprigting van die bogenoemde huise befonds? Raadslid Botha antwoord dat die Staat die finansies voorsien.
• Kouga Munisipaliteit is by name genoem dat hulle nie hul ESKOM-rekening kan betaal nie. Die Provinsie sal moontlik hulp verleen.
• ANC-raadslid Stuurman is nou die hoofsweep van die ANC in die plek van Me. Cameleo-Benjamin .

Nuwe sake
• Die sekretaris deel die vergadering mee dat sy toestemming gekry het om ‘n DA-kennisgewing saam te stel wat besonderhede bevat oor die herregistrasie wat op 5 en 6 Februarie 2011 sal plaasvind. Kwotasies sal by die drukker verkry word en dan aan die DA-struktuur voorgelê word. Barry Vosloo bied aan om die sekretaris met die opstel van die dokument te help. Op ‘n vraag van Charles Womersley oor hoe ons die wyk se kiesers gaan bereik, word besluit dat die kennisgewing van deur tot deur afgelewer moet word.
• Herregistrasie op 5 en 6 Februarie 2011 is nou die party se prioriteit. Klem sal geplaas word om jong mense wat pas 18 jaar oud geword het, aan te moedig om te registreer en te stem. Dieselfde geld vir nuwe intrekkers.

Volgende vergadering
Die datum vir die volgende vergadering sal later bepaal word.

No comments:

Post a Comment

Comment here
Lewer hier kommentaar