Die Demokratiese Alliansie is verbind tot uitnemende dienslewering. Saam kan ons berge versit. The Democratic Alliance is committed to service excellence. Together we can move mountains. SAVE KOUGA. VOTE DA ON 18 MAY 2011

Click
here if you have any comments about the Democratic Alliance in the Jeffreys Bay region.

22 February, 2011

Kiesers reageer mooi

"Op 5 en 6 Februarie 2011 het die kiesers van Jeffreysbaai en omgewing wonderlik gereageer en in groot getalle geregistreer en herregistreer."

So sê dr. Nico Botha, voorsitter van die koördinerende komitee van die Demokratiese Alliansie in Jeffreysbaai en omgewing.

Hy sê dat die doelwit om 'n groot aantal kiesers vanaf Wyk 3 na Wyk 8 te verskuif, bereik is. Gevolglik is dit nie meer nodig om so baie aandag aan die herregistrasie van kiesers in Wavecrest te gee nie.

"Kiesers is nietemin steeds welkom om tydens die volgende registrasie-naweek op 5 en 6 Maart 2011 te herregistreer," sê dr. Botha.

DAtanet het verneem dat nuwe intrekkers wat nog nie in die Jeffreysbaai-omgewing as kiesers geregistreer het nie, die geleentheid sal kry om dit op 5 en 6 Maart 2011 te doen.

Dr. Botha beklemtoon die feit dat kiesers wat nie in die wyk woon waarin hulle geregistreer is nie, nie bekommerd hoef te wees nie. Dit beteken nie dat hulle hulle stem sal verloor nie. Hulle moet net seker maak dat hulle in die wyk stem waarin hulle geregistreer is.

Hy raai kiesers aan om na bladsy 2 van hulle ID-boekie te blaai. Daar sal hulle 'n plakkertjie vind met 'n VD (voting district)-nommer daarop. Dié nommer verskyn tussen die persoonlike ID-nommer en die stafiekode. As daar meer as een plakkertjie is, kyk na die plakkertjie waarop die mees onlangse datum verskyn.

Die stempunte is soos volg:
  • VD-nommer 1014001700: Tecomapark-tent.
  • VD-nommer 1014006200: NG Kerkkompleks.
  • VD-nommer 1014002800: Newtonsaal..
  • VD-nommer 1014003900: Astonbaai-gemeenskapsaal.
  • VD-nommer 1014004000: Pellsrus-gemeenskapsaal.
  • VD-nommer 1014005100: Tokyo Sexwale

No comments:

Post a Comment

Comment here
Lewer hier kommentaar