Die Demokratiese Alliansie is verbind tot uitnemende dienslewering. Saam kan ons berge versit. The Democratic Alliance is committed to service excellence. Together we can move mountains. SAVE KOUGA. VOTE DA ON 18 MAY 2011

Click
here if you have any comments about the Democratic Alliance in the Jeffreys Bay region.

01 April, 2011

1 uit 10 in SA tevrede met dienste

2011-04-01 07:54
Rajaa Azzakani

Kaapstad - Slegs een uit elke tien Suid-Afrikaners is tevrede met die gehalte van dienslewering deur distriks- en munisipale owerhede.

Dit is ’n drastiese afname sedert 2006 toe dié syfer op amper vier uit elke tien, of 39,5%, gestaan het.

Dit blyk uit ’n studie wat gedoen is deur die Instituut vir Demokrasie in Suid-Afrika (Idasa) wat Donderdag, sowat twee weke voor die munisipale verkiesing op 18 Mei, bekend gemaak is.


Van die redes wat aangevoer word vir dié ontevredenheid is die drastiese verswakking van basiese dienste soos water- en elektrisiteitsverskaffing en behuising.


Idasa het 2 375 volwasse Suid-Afrikaners in 21 munisipaliteite in Mpumalanga, Limpopo, KwaZulu-Natal en Noordwes hieroor genader.


Paul van der Hoof, redakteur van die verslag, het gesê die doel van die peiling was om van gewone Suid-Afrikaners te hoor hoe plaaslike regerings oor die laaste vier jaar gevorder het.


“Die peiling toon dat die gaping tussen dié wat regeer en diegene wat regeer word ál groter word.” Lees verder: nuus24 ...

No comments:

Post a Comment

Comment here
Lewer hier kommentaar