2011-04-16 16:13
Harald Pakendorf
Om ’n verkiesingsuitslag ’n maand voor die tyd te probeer voorspel is baie gevaarlik.
Tog is dit net moontlik dat 18 Mei die datum sal wees waarop die ANC sy eerste groot skrik gaan kry.
Dit sal ’n voortsetting wees van ’n tendens wat met die vorige algemene verkiesing reeds duidelik begin word het.
Die ANC het nasionaal swakker gevaar as voorheen, het nog slegter op provinsiale vlak gedoen en in die stede nog vrotter.
Hierdie verkiesing word juis op plaaslike vlak gevoer en dinge lyk nie goed vir die regerende party nie.
Maar eers: Natuurlik sal die ANC steeds verreweg die meeste stede en dorpe beheer ná die verkiesing.
Dit gaan hier egter oor ’n tendens – en dié is afwaarts vir die regerende party. Lees verder: Rapport ...
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment
Comment here
Lewer hier kommentaar