Die Demokratiese Alliansie is verbind tot uitnemende dienslewering. Saam kan ons berge versit. The Democratic Alliance is committed to service excellence. Together we can move mountains. SAVE KOUGA. VOTE DA ON 18 MAY 2011

Click
here if you have any comments about the Democratic Alliance in the Jeffreys Bay region.

01 April, 2011

Cawood wil Kouga Munisipaliteit weer beste maak

Die DA se aspirant-kandidaat vir die burgemeesterspos, dr. Chimpie Cawood, is vol vertroue dat sy party hierdie jaar die pyp in die Mei-verkiesing gaan rook en die ANC uit die kussings sal lig.

Cawood sê die DA-span wil weer die Kouga uit sy huidige staat van verval en administratiewe en finansiële moeras waarin dit verval het, optel tot Vuna-toekenningstatus wat die DA dit in 2002 bereik het, toe hulle aan bewind was.

Cawood, wat reeds 17 jaar ondervinding op plaaslike regeringsvlak het, is goed toegerus vir die pos as eerste burger van die Kouga. Hy was eers burgemeester van Stellenbosch en daarna vir twee jaar burgemeester van die geamalgameerde Kouga Munisipaliteit van 2000 tot 2002. Onder sy leiding het die Kouga Raad ‘n Vuna-toekenning ontvang vir die beste kategorie-B munisipaliteit in die Oos-Kaap. Hy dien tans op die DA se Provinsiale Raad en is die DA se koukusleier in die Kouga die afgelope 9 jaar.

Voor hy aktief betrokke geraak het in die politiek het hy diep spore getrap in die onderwys. Hy het ‘n doktorsgraad in opvoedkunde en was professor en mede-dekaan van die opvoedkunde department aan die Universiteit van Stellenbosch. Hy het ook ‘n eretoekenning vir sy bydrae tot onderwys in Suid Afrika van die Opvoedkundige Vereniging van Suid-Afrika ontvang.

Cawood is besonder trots op sy lewenslange betrokkenheid by gemeenskapsake. In Stellenbosch was hy onder meer leier van ‘n projek vir die toelating van swart studente tot ‘n tradisioneel wit Suid Afrikaanse Universiteit. Daarna was hy die leier van ‘n onderhandelingspan wat twee nuwe hoer skole vir bruin leerlinge in die Stellenbosch-omgewing beding het. As inwoner van St Francisbaai was hy voorsitter van die St Francisbaai-belastingbetalersvereniging, die Sea Vista skooltrust, die rampbestuurskomitee en president van die rolbalklub.

Cawood sê die DA-span is nie net verteenwoordigend van die Kouga nie, maar daar is ook ‘n gesonde balans tussen ondervinding en die jeug. Hy is vol vertroue dat die DA die huidige probleme van korrupsie, nepotisme en nie-deursigtigheid in die Kouga Munisipaliteit sal uitroei.

“Dit is ons missie om die beste diens te lewer aan alle inwoners van die Kouga binne die finansiële vermoë van die munisipaliteit. Ons sal spesiale aandag gee aan die onder-onwikkelende gebiede in die Kouga wat noodsaaklike infrastruktuur benodig.”

Voorts beoog Cawood om die plaaslike arbeidsmark met werkskeppingsprojekte te stimuleer.


Piet Liebenberg
OUR TIMES
1 April 2011

No comments:

Post a Comment

Comment here
Lewer hier kommentaar