Die Demokratiese Alliansie is verbind tot uitnemende dienslewering. Saam kan ons berge versit. The Democratic Alliance is committed to service excellence. Together we can move mountains. SAVE KOUGA. VOTE DA ON 18 MAY 2011

Click
here if you have any comments about the Democratic Alliance in the Jeffreys Bay region.

30 July, 2010

Die DA aan 't werk

Steun vir voorstel oor loonsubsidie

Die Ekonomiese Oorsig vir Suid-Afrika 2010 van die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling (OESO) wat pas bekend gemaak is, spreek sterk steun uit vir Pravin Gordhan, die Minister van Finansies, in sy stryd met Cosatu oor beleid ten opsigte van ’n loonsubsidie vir jeugdiges.

Tim Harris LP, ’n DA-lid in die Gekose Komitee op Finansies, verwelkom die aanbevelings in die Oorsig. Hy sê ’n sterk saak vir die beleid oor ’n loonsubsidie wat die Minister van Finansies vanjaar in sy Begrotingsrede aangekondig het, word uitgemaak.

Harris wys daarop dat die OESO-verslag jeugwerkloosheid heel tereg as ’n baie groot ekonomiese uitdaging vir land uitken. Bo en behalwe die inwerkingstelling van beleid oor ’n loonsubsidie vir jeugdiges, beveel OESO verskeie hervormings aan wat werkloosheid sal verminder. Die DA het hulle almal tevore reeds as beleidsvoorstelle bekend gemaak.

Harris voeg by dat dié ingrepe dit vir nuwe werksoekers en veral jeugdiges makliker sal maak om die arbeidsmark te betree en die vaardighede en ervaring wat hulle nodig het om mee te ding, te verkry.

Die DA verwelkom ’n sterker samewerking tussen Suid-Afrika en OESO oor beleid. Die lede van hierdie klub van 31 van die voorste nywerheid-ekonomieë ter wêreld beheer ’n aansienlike deel van globale beleggings. Hul mening oor Suid-Afrika se ekonomiese bestuur kan dus ’n ware invloed op beleggingsvooruitsigte in ons land hê. Dit is belangrik dat ons die aanbevelings in hul hoogs aangeskrewe navorsing ter harte neem, sê Harris.

Click here to read the English text: http://www.da.org.za/newsroom.htm?action=view-news-item&id=8510

No comments:

Post a Comment

Comment here
Lewer hier kommentaar