Die Demokratiese Alliansie is verbind tot uitnemende dienslewering. Saam kan ons berge versit. The Democratic Alliance is committed to service excellence. Together we can move mountains. SAVE KOUGA. VOTE DA ON 18 MAY 2011

Click
here if you have any comments about the Democratic Alliance in the Jeffreys Bay region.

16 July, 2010

Hersiene onderwysleerplan: DA verwelkom Minister se aankondiging

Dr. Junita Klopper-Lourens LP, die skaduminister van basiese onderwys, verwelkom die onlangse aankondiging deur Angie Motshekga, die Minister van Basiese Onderwys, dat die onderwysleerplan gewysig gaan word om van die wyd veroordeelde Uitkomsgebaseerde Onderwys (UGO) weg te beweeg.


Kloppers-Lourens sê die sleutelingryping is ’n terugkeer na, en veel sterker klem op, die gebruik van handboeke en inhoudkennis. As dit behoorlik uitgevoer word, sal dit hopelik ’n verbetering in onderwysuitkomste orals in Suid-Afrika tot gevolg hê.


Sy voeg by die hersiene leerplan sal die administratiewe druk op onderwysers ook verlig. Kloppers-Lourens sê dat onderwysers in elke vak in elke graad ’n enkele, omvattende en bondige Kurrikulum- en Beoordelingsbeleidsverklaring sal hê. Dié sal besonderhede bevat oor wat onderwysers vir elke graad en elke vak moet onderrig en beoordeel.


Kloppers-Lourens meld dat die DA strykdeur betoog het vir ’n klem op handboeke en inhoudkennis, saam met die benadering tot strategieë vir die verkryging van vaardighede wat in die Wes-Kaap ingestel is. Sy sê UGO was ’n rampspoedige wysiging van Suid-Afrika se skoolleerplan wat Suid-Afrika se eerste minister van onderwys in 1998 ingestel het.


Klopper-Lourens wens die Departement van Onderwys geluk met sy besluit om ’n mate van versigtigheid met die uitfasering van die huidige stelsel aan die dag te lê. Sy sê sy gaan aan die voorsitter van die Portefeuljekomitee op Basiese Onderwys skryf en vra dat die Minister voor die komitee verskyn. Sy moet besonderhede van die nuwe onderwysstrategie voorsien om seker te maak dat sowel leerders as onderwysers behoorlik baat.

To read the English version, click http://www.da.org.za/newsroom.htm?action=view-news-item&id=8470.


No comments:

Post a Comment

Comment here
Lewer hier kommentaar