Die Demokratiese Alliansie is verbind tot uitnemende dienslewering. Saam kan ons berge versit. The Democratic Alliance is committed to service excellence. Together we can move mountains. SAVE KOUGA. VOTE DA ON 18 MAY 2011

Click
here if you have any comments about the Democratic Alliance in the Jeffreys Bay region.

09 July, 2010

Korrupte kamerade: DA verwelkom ontslag van Gama - 9 Julie 2010

Pieter van Dalen LP, die skadu-adjunkminister van openbare ondernemings, het die onlangse ontslag van Siyabonga Gama, die uitvoerende hoof van Transnet-vragspoor, verwelkom. Hy noem dit ’n seldsame voorbeeld van gepaste stappe teen korrupte beamptes. Van Dale sê dié stap sal help om die gekweste beeld van die grondwet-beginsels van “toerekenbaarheid” onder die ANC te herstel.

Van Dalen voeg by dat die uitdaging daaruit bestaan om dié beginsel uit brei na ander lede van die staatsdiens wat hul posisie misbruik, of nie presteer nie.

Ondanks die verbrokkeling van mnr. Gama se verhouding met die direksie het ’n dissiplinêre proses bevind dat mnr. Gama aan alle aanklagte skuldig is. Dit sluit die volgende in: ’n “onherstelbare verbrokkeling van sy verhouding met Transnet”, versuim om te voldoen aan voorwaardes ten opsigte van ’n kontrak ter waarde van R800 miljoen om lokomotiewe op te knap, en veral die onreëlmatige toekenning van ’n kontrak ter waarde van R18 miljoen aan ’n firma met bande met Siphiwe Nyanda, die Minister van Kommunikasie, sê Van Dalen.

Die DA loof Barbara Hogan, die Minister van Openbare Ondernemings, vir haar beginselvaste standpunt ten opsigte van dié aangeleentheid. Van Dalen sê min. Hogan se optrede is ’n waterskeiding vir direksies wat aan die hand van standaarde vir goeie praktyk wil presteer en hulle nie deur magtige politici wil laat intimideer nie.

Lees ook http://da-jbayregion.blogspot.com/2010/06/da-neem-kennis-van-gama-se.html

No comments:

Post a Comment

Comment here
Lewer hier kommentaar