Die Demokratiese Alliansie is verbind tot uitnemende dienslewering. Saam kan ons berge versit. The Democratic Alliance is committed to service excellence. Together we can move mountains. SAVE KOUGA. VOTE DA ON 18 MAY 2011

Click
here if you have any comments about the Democratic Alliance in the Jeffreys Bay region.

18 June, 2010

DA neem kennis van Gama se skuldigbevinding - 17 Junie 2010

Manie van Dyk LP, die DA se skaduminister van openbare ondernemings, het die onlangse uitspraak van skuldig teen Siyabonga Gama, die geskorste uitvoerende hoof van Transnet-vragspoor, verwelkom. Van Dyk sê die aanklagte behels die onreëlmatige toekenning van ’n tender ter waarde van R18 miljoen aan ’n maatskappy in besit van Siphiwe Nyanda, die Minister van Kommunikasie.

Van Dyk sê die DA hoop die beslissing van ’n interne dissiplinêre komitee van Transnet sal ander semi-staatsinstellings aanspoor om op te ruim en besliste stappe teen korrupsie en omvattende wanbestuur te doen.

Gama is in September 2009 geskors, hangende die uitslag van die dissiplinêre proses, waartydens hy nou op alle aanklagte rakende die saak skuldig bevind is. Dit sluit ’n aanklag in ten opsigte van ’n “onherstelbare verbrokkeling van die verhouding met Transnet”, sê Van Dyk.

Van Dyk sê die DA hoop die beslissing sal aan die ANC toon dat die gewoonte van begunstiging om aanstellings in topposte in belangrike ondernemings in staatsbesit te doen, sal net in nóg samespanning en korrupsie uitloop.

Hy sê laastens dat die DA aan Barbara Hogan, die Minister van Openbare Ondernemings, gaan skryf en vra hoe sy van plan is om te sorg dat die regte mense in die regte poste aangestel word.

No comments:

Post a Comment

Comment here
Lewer hier kommentaar