Die Demokratiese Alliansie is verbind tot uitnemende dienslewering. Saam kan ons berge versit. The Democratic Alliance is committed to service excellence. Together we can move mountains. SAVE KOUGA. VOTE DA ON 18 MAY 2011

Click
here if you have any comments about the Democratic Alliance in the Jeffreys Bay region.

11 June, 2010

Polisie verloor 13 438 vuurwapens in vyf jaar

Dianne Kohler Barnard LP, die DA se skaduminister van polisie, sê dat ’n reaksie op ’n Parlementêre vraag deur die DA onthul dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens in die afgelope jaar 2 603 vuurwapens verloor het.

Kohler Barnard sê ’n totaal van 13 438 vuurwapens het die afgelope vyf jaar verlore gegaan. Die polisie se nalatigheid spoor misdaad aktief aan, en terselfdertyd bestee die SAPD geweldig baie geld aan die vervanging van vuurwapens. Dié geld kon elders aangewend gewees het om misdaad te bestry, sê sy.

Kohler Barnard sê ’n tender is in Januarie vanjaar aangekondig om 4 000 nuwe SAPD-pistole teen ’n koste van R16 miljoen te koop. Sy voeg by dat die Wes-Kaap uit al die provinsies die laagste aantal verlore vuurwapens per polisiebeampte toon, en dat net een vuurwapen vir elke 276 beamptes die afgelope jaar verlore gegaan het.

Kohler Barnard merk met ontsteltenis dat die meeste vuurwapens die afgelope jaar in die Oos-Kaap verlore gegaan het – 1 708 is vermis of is gesteel. Dit is een verlore vuurwapen vir elke tien beamptes.

Dié aangeleentheid moet baie dringend en beslis aangespreek word, sê Kohler Barnard. Vuurwapen-voorrade moet aangeteken en nagegaan word, ’n kultuur van gevolge moet gekweek word, en opleidingsprogramme vir die polisie moet opgeskerp word, sê sy.

Kohler Barnard sê die DA gaan aan die Minister skryf en vra dat ’n eksterne oudit van vuurwapenbestuur uitgevoer moet word.

No comments:

Post a Comment

Comment here
Lewer hier kommentaar