Die Demokratiese Alliansie is verbind tot uitnemende dienslewering. Saam kan ons berge versit. The Democratic Alliance is committed to service excellence. Together we can move mountains. SAVE KOUGA. VOTE DA ON 18 MAY 2011

Click
here if you have any comments about the Democratic Alliance in the Jeffreys Bay region.

09 June, 2010

Hoof-finansiële beampte verplig om verlof te neem

Our Times het verlede week berig dat Ridwaan Abdullah, die hoof-finansiële beampte van die Kouga-munisipaliteit deur die munisipale bestuurder verplig is om voorkomende verlof te neem sodat ‘n onafhanklike ouditeur ongehinderd ‘n forensiese ondersoek kan onderneem na die nou bekende debakel met betrekking tot die invordering van gelde/betalings ten opsigte van voorafbetaalde elektrisiteitsverbruikers.

‘n Dienskontrak om die voorafbetaalde verbruikersgelde in die Kouga-gebied in te samel, is onder andere aan ‘n sake-onderneming toegeken wat aan Abdullah se swaer behoort. Die munisipaliteit het ‘n ooreenkoms met dié onderneming aangegaan om geld aan hom (die munisipaliteit) oor te betaal wat spruit uit die verkoop van verbruikerskaarte.

Die diensverskaffer het klaarblyklik nie al die geld wat hy ingevorder het aan die munisipaliteit oorbetaal nie. ‘n Bedrag van sowat R6 miljoen is glo ter sprake. Intussen moes die munisipaliteit Eskom betaal vir die krag wat gelewer is.

DAtanet het van ‘n betroubare bron verneem dat die Raad tydens 'n geslote sessie (geen publiek en amptenare was teenwoordig nie) op 27 Mei eenparig besluit het om aan die munisipale bestuurder opdrag te gee om aan Abdullah twee weke verpligte verlof toe te staan. Die burgemeester was glo nie besonder tevrede met dié besluit nie. Die munisipale bestuurder het nie onmiddellik aan die Raadsbesluit uitvoering gegee nie, met die gevolg dat die verpligte verlof ‘n paar dae later in werking getree het. Daar word gespekuleer dat dit met opset gedoen is om Abdullah die geleentheid te gee om spore dood te vee.

No comments:

Post a Comment

Comment here
Lewer hier kommentaar