Die Demokratiese Alliansie is verbind tot uitnemende dienslewering. Saam kan ons berge versit. The Democratic Alliance is committed to service excellence. Together we can move mountains. SAVE KOUGA. VOTE DA ON 18 MAY 2011

Click
here if you have any comments about the Democratic Alliance in the Jeffreys Bay region.

11 June, 2010

Nasionale staatsdepartemente skuld plaaslike munisipaliteite R673 miljoen

Mark Steele LP, die DA se woordvoerder oor openbare rekenings, het onlangs bekend gemaak dat nasionale departement en entiteite plaaslike munisipaliteite in Maart 2010R673 miljoen aan diensgelde geskuld het.

Steele kritiseer die Departement van Openbare Werke, en sê dié skuld aan munisipaliteite belemmer plaaslike owerhede se vermoë om basiese dienste aan gemeenskappe te lewer.

Steele voeg by dat die bedrae wat bepaalde nasionale departemente aan munisipaliteite skuld, aansienlik is. Die twee ergste oortreders, die Departement van Korrektiewe Dienste, en dié van Verdediging en Militêre Veterane, is saam verantwoordelik vir bykans die helfte van die bedrag wat aan munisipaliteite geskuld word, naamlik R297 miljoen.

Steele noem dat talle van dié departemente en entiteite wat steeds miljoene rande aan munisipaliteite skuld, ook gekwalifiseerde oudits vir die boekjaar 2008-2009 ontvang het. Van dié wat R25 miljoen of meer skuld, het die helfte volgens die Ouditeur-Generaal die afgelope vyf jaar elke jaar ’n gekwalifiseerde oudit gekry.

Steele sê daar is ’n duidelike verband tussen die onvermoë van talle munisipaliteite in die land om basiese dienste aan gemeenskappe te lewer, en die ernstige finansiële wanbestuur wat in talle departemente en ministeries met die ANC aan die stuur endemies geword het. Hy sê die munisipaliteite het dikwels nie die hulpbronne om dienste doeltreffend te lewer, en dat dit deels die skuld is van departemente, instellings en entiteite wat hulle nie betaal nie.

Steele sê die DA gaan aan die betrokke ministers skryf en vra wat hulle gaan doen ten opsigte van die R673 miljoen wat aan munisipaliteite orals in die land geskuld word. Hy gaan ook vra waarom die Minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Aangeleenthede nie méér doen om seker te maak dat sy kollegas hul rekenings betaal nie.

No comments:

Post a Comment

Comment here
Lewer hier kommentaar