Die Demokratiese Alliansie is verbind tot uitnemende dienslewering. Saam kan ons berge versit. The Democratic Alliance is committed to service excellence. Together we can move mountains. SAVE KOUGA. VOTE DA ON 18 MAY 2011

Click
here if you have any comments about the Democratic Alliance in the Jeffreys Bay region.

11 June, 2010

SAPD benodig weer dringend spesialis-eenhede

Die Instituut van Veiligheidstudies (IVS) het die bevindings van sy ondersoek na die herstrukturering van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) onlangs in die Parlement aan die Portefeuljekomitee op Polisie voorgelê. Dit toon dat die ontbinding van die spesialis-eenhede die stryd teen misdaad baie ernstig negatief beïnvloed het.

Dianne Kohler Barnard, die DA se skaduminister van polisie, sê die Demokratiese Alliansie (DA) het die ontbinding van dié eenhede altyd teengestaan. Sy vra nou dat hulle weer ingestel word, want hulle is ’n noodsaaklike element in die stryd teen misdaad.

Kohler Barnard sê dwelmverwante misdade het in minder as ’n dekade met 87% die hoogte ingeskiet, van 62 689 in 2003/04 toe die Dwelmeenheid gesluit is, tot 117 172 in 2009.

Sy voeg by die dwelmhandel op straatvlak is verwaarloos, en ’n toename in handel in kokaïne en ecstacy is duidelik.

Kohler Barnard sê die Teenkorrupsie-eenheid is gesluit omdat “ondersoeke verdagtes met bande met senior nasionale polisiebeamptes geïdentifiseer het”. Sy sê die sluiting van dié eenheid het massiewe korrupsie in die SAPD tot gevolg gehad, en geen inligting oor die volle omvang van die probleem is beskikbaar nie.

In 2007 het die DA die bevindings van sy eie peiling bekend gemaak, wat getoon het dat die sluiting van die Eenheid vir Gesinsgeweld, Kinderbeskerming en Seksuele Oortredings (GKS-eenhede) ’n baie negatiewe uitwerking op slagoffers in dié misdaadkategorieë gehad het, sê Kohler Barnard.

Kohler Barnard verwelkom die besluit deur Nathi Mthethwa, die Minister van Polisie, om die GKS-eenhede weer in te stel. Hy sê hulle sal teen Maart 2011 weer ten volle in werking wees. Sy sê die DA loof die Minister omdat hy besef het die GKS-eenhede is noodsaaklik om misdaad teen vroue en kinders te bestry. Sy doen ’n beroep op die Minister om alle spesialiseenhede dringend weer in te stel.

No comments:

Post a Comment

Comment here
Lewer hier kommentaar