Die Demokratiese Alliansie is verbind tot uitnemende dienslewering. Saam kan ons berge versit. The Democratic Alliance is committed to service excellence. Together we can move mountains. SAVE KOUGA. VOTE DA ON 18 MAY 2011

Click
here if you have any comments about the Democratic Alliance in the Jeffreys Bay region.

10 June, 2010

Nuwe wykskantoor in Wavecrest

Die munisipaliteit het ‘n netjiese en funksionele gebou langs die Wavecrest-begraafplaas in Maplesingel opgerig vir die gebruik van Wyk 3 se raadslid, dr. Nico Botha en sy wykskomitee sodat hulle meer toeganklik vir inwoners kan wees. Soortgelyke geriewe is tot die beskikking van alle wyke in die Kouga geskep.

Dié gebou staan egter drie maande ná voltooiing steeds in onbruik. Selfs die verf aan die pilare begin al afdop. DAtanet het betroubaar verneem dat die munisipaliteit se geldsake só chaoties is dat daar nie binne die afsienbare toekoms fondse beskikbaar sal wees om ‘n telefoon te laat installeer of om meubels en toerusting te voorsien nie.

Intussen word die mense van die Kouga se belastinggeld deur die ANC-beheerde munisipaliteit wanbestee.

No comments:

Post a Comment

Comment here
Lewer hier kommentaar