Die Demokratiese Alliansie is verbind tot uitnemende dienslewering. Saam kan ons berge versit. The Democratic Alliance is committed to service excellence. Together we can move mountains. SAVE KOUGA. VOTE DA ON 18 MAY 2011

Click
here if you have any comments about the Democratic Alliance in the Jeffreys Bay region.

11 June, 2010

DA doen beroep op pres. Zuma om loonsubsidies vir jeugdiges in te stel

In ’n onlangse mediakonferensie het die Demokratiese Alliansie (DA) ’n beroep op pres. Jacob Zuma gedoen om hom te verset teen die drieparty-alliansie se taktiek om die beleid van ’n loonsubsidie vir jeugdiges wat hy in sy Staatsrede aangekondig het, te stuit.

Tim Harris LP, die DA-lid van die Portefeuljekomitee op Finansies, en Lindiwe Mazibuko LP, die DA se nasionale woordvoerder, sê dat Zuma se kabinet oor dié baie belangrike beleidsvoorstel ’n ideologiese dooiepunt bereik het.

Mazibuko sê sy is ontsteld dat die Tesourie nie sy sperdatum van einde Mei vir die tertafellegging van ’n besprekingsdokument kon haal nie. Sy sê elke week dat die President nie ingryp om die dooiepunt in die kabinet op te los nie, kos dit die land 4 000 werkgeleenthede vir jeugdiges.

Statistieke Suid-Afrika se Kwartaallikse Arbeidsmagoorsig wat vroeër vandeesmaand bekend gemaak is, toon dat meer as 3,1 miljoen jong Suid-Afrikaners van 15 tot 34 jaar oud in die eerste kwartaal van 2010 werkloos was. Dit is bykans 72% – byna driekwart – van die werkloses in ons land, sê Harris.

Mazibuko sê dit lyk asof Ebrahim Patel, die Minister van Ekonomiese Ontwikkeling, Cosatu se pogings om die loonsubsidie-voorstel te stuit, steun.

Harris bevestig dat die DA aan die Voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies en die Speaker van die Nasionale Vergadering gaan skryf om hulle in te lig dat die DA ’n mosie gaan indien dat albei Huise dringend oor die kwessie van werkgeleenthede vir jeugdiges debat moet voer.

No comments:

Post a Comment

Comment here
Lewer hier kommentaar