Die Demokratiese Alliansie is verbind tot uitnemende dienslewering. Saam kan ons berge versit. The Democratic Alliance is committed to service excellence. Together we can move mountains. SAVE KOUGA. VOTE DA ON 18 MAY 2011

Click
here if you have any comments about the Democratic Alliance in the Jeffreys Bay region.

24 June, 2010

ANC se taktiek om etiek-hersiening te systap, lyk na blatante politieke uitdaging - 24 Junie 2010

Die Demokratiese Alliansie (DA) het die ANC se pogings om die Parlement se bevoegdheid om die gedragsreëls vir openbare verteenwoordigers te herskryf, in die wiele te ry, as ’n blatante daad van politieke uitdaging deur die regerende party beskryf.

Athol Trollip LP, die DA se Parlementêre leier, sê berig in die Sunday Independent dui op ’n groot gebrek aan politieke wil om gehoor te gee aan die aanbevelings van adv. Thuli Madonsela, die Openbare Beskermer. Madonsela het op versoek van die DA ondersoek ingestel na pres. Jacob Zuma se versuim om sy finansiële belange openbaar te maak. Trollip voeg by dit skep ook ernstige vrae oor die ANC se vasberadenheid om die party en staat een te maak, en sy geloof dat sy leiers bo die reg verhewe is.

Trollip sê die aanbevelings in adv. Madonsela se verslag (wat op versoek by die DA te kry is), gaan oor ooglopende teenstrydighede in die Wet op die Etiek van Uitvoerende Lede, en die Etiek-kode vir Uitvoerende Lede. Haar verslag wys daarop dat bykans 40% van die kabinet saam met pres. Zuma versuim het om hul finansiële belange binne 60 dae bekend te maak, en dus ook die Wet oortree het.

Trollip het die ANC gekritiseer en gesê die feit dat byna die helfte van sy lede, en die President self, by skendings van die Etiek-kode betrek word, bring die hoogste besluitnemende gesag in die land in die gedrang.

Trollip sê berigte dat die etiek-hersieningsproses nog verder vertraag is deur ’n besluit van die ANC se Hoofsweep om te wag tot die ANC se Nasionale Hoofraad (NHR) ’n mandaat uitgereik is, is kenmerkend van die regerende party se neiging om die skeidslyn tussen party en staat te verdoesel.

Trollip bevestig dat die DA parlementêre vrae gaan indien om meer inligting te verkry oor lede van die uitvoerende gesag wat die Etiek-kode geskend het. Die DA gaan ook aan die Sekretaris van die Kabinet skryf om vas te stel of stappe gedoen is ten opsigte van die aanbevelings wat die Openbare Beskermer oor die administrasie van die Register van Ledebelange gemaak het.

No comments:

Post a Comment

Comment here
Lewer hier kommentaar