Die Demokratiese Alliansie is verbind tot uitnemende dienslewering. Saam kan ons berge versit. The Democratic Alliance is committed to service excellence. Together we can move mountains. SAVE KOUGA. VOTE DA ON 18 MAY 2011

Click
here if you have any comments about the Democratic Alliance in the Jeffreys Bay region.

24 June, 2010

ANC-Jeugliga op die vooraand van Jeugdag gedwing om haatspraak te erken - 24 Junie 2010

In Oktober verlede jaar het die Demokratiese Alliansie (DA) ’n klag van haatspraak by die Gelykheidshof ingedien ná mnr. Meeko se openbare verklaring dat prof. Jansen “nes dié rassistiese jong studente aan dié universiteit ’n misdadiger is. Ons stem met die president van die ANC saam: skiet en dood ’n misdadiger, en dis wat ons moet doen, kamerade”, asook dat prof. Jansen “verwyder moet word, en nie net hy nie, die universiteit se raad ook ... hulle moet die Universiteit van die Vrystaat verlaat. Ons moet aan hom sê dat ons veel groter mense as hy in die land verwyder het. Dis nie ’n dreigement nie, dit gaan gebeur.”

Dr. Wilmot James, die DA se skaduminister van hoër onderwys en opleiding, sê die hof se beslissing verlede week beteken dat mnr. Meeko in die openbaar moet erken dat dinge wat hy oor prof. Jonathan Jansen, die vise-kanselier van die Universiteit van die Vrystaat, kwytgeraak het, verkeerd is en as haatspraak uitgelê sou kon word.

James sê dit was die DA se pogings om die saak by die gelykheidshof aanhangig te maak wat ’n beampte van die ANC se Jeugliga gedwing het om te erken dat haatspraak geen plek in Suid-Afrika se samelewing verdien nie.

James verwelkom die hof se beslissing, en sê dit is baie belangrik dat burgers nie roekelose en onverantwoordelike aantygings moet maak nie. Hy voeg by dat die skepping van angstigheid deur ’n dreigement van ophande gevaar die kernomskrywing van haatspraak is. Dit moet nie in ’n demokratiese samelewing soos ons s’n verduur word nie, sê hy.

James het gesê dat 16 Junie, wat elke jaar as Jeugdag gevier word, die regte oomblik is om weer Madiba se beroep vir gelykheid, uitnemendheid en diens te herhaal.

No comments:

Post a Comment

Comment here
Lewer hier kommentaar