Die Demokratiese Alliansie is verbind tot uitnemende dienslewering. Saam kan ons berge versit. The Democratic Alliance is committed to service excellence. Together we can move mountains. SAVE KOUGA. VOTE DA ON 18 MAY 2011

Click
here if you have any comments about the Democratic Alliance in the Jeffreys Bay region.

18 June, 2010

Kollege-beheer ‘ondergrawe onderrigstelsel’ - 18 Junie 2010

Liesl Peyper berig uit Kaapstad:

Die ANC is magsbehep en dít is waarom die regering die 53 kolleges vir verdere onderwys en opleiding (VOO-kolleges) nasionaal wil beheer.

Só het dr. Wilmot James, die DA se woordvoerder oor hoër onderwys, gister in ’n verklaring gesê.

Die regering het Dinsdag die voorstel dat die departement van hoër onderwys VOO-kolleges nasionaal sal bestuur, amptelik goedgekeur nadat die betrokke minister, dr. Blade Nzimande, dit vroeër aan die kabinet voorgelê het.

Die nege provinsiale onderwysdepartemente het tot dusver die administrasie en bestuur van VOO-kolleges behartig.

Die sentralisering van die bestuur en administrasie van dié kolleges vereis ’n wysiging van afdeling 4 van die Grondwet, wat bepaal dat die provinsies wetgewende mag oor die VOO-kolleges het.

Mnr. Themba Maseko, regeringswoordvoerder, het vandeesweek op ’n nuuskonferensie gesê die besluit om die kolleges op na­sionale vlak te bestuur, geniet die steun van al die LUR’e vir onderwys.

Die DA steun egter nie dié besluit nie en James het dit bestempel as ’n manier waarop Nzimande sy mag verder kan uitbrei.

Die DA het verskeie kere reeds aangevoer Nzimande is daarop uit om die stelsel van hoër onderwys onder sy beheer saam te trek en dat hy universiteite se onafhanklikheid wil wegneem.

Volgens James kan die sentralisering van die VOO-kolleges se funksies en bestuur Suid-Afrika se “noukeurig beplande” provinsiale stelsel van onderwys ondergrawe.

James het daarop gewys dat dit ’n prioriteit moet wees om die gehalte van onderrig by die VOO-kolleges te verbeter. “Dit kan steeds gedoen word, al word die kolleges provinsiaal bestuur.”

- Die Burger

No comments:

Post a Comment

Comment here
Lewer hier kommentaar