Die Demokratiese Alliansie is verbind tot uitnemende dienslewering. Saam kan ons berge versit. The Democratic Alliance is committed to service excellence. Together we can move mountains. SAVE KOUGA. VOTE DA ON 18 MAY 2011

Click
here if you have any comments about the Democratic Alliance in the Jeffreys Bay region.

01 July, 2010

Korrupsie word beloon ... Minister moet verduidelik - 1 Julie 2010

Die Demokratiese Alliansie (DA) sal ’n beroep op die Minister van Landbou doen om voor die Portefeuljekomitee te verskyn en te verduidelik waarom die voormalige uitvoerende hoof van die Landbank, Phil Mohlahlane (wat weens ’n korrupsieskandaal afgedank is), in ’n ander senior pos in die Departement aangestel is.


Dr. Lourie Bosman LP, die skaduminister van landbou, bosbou en visserye, sê die Minister moet verduidelik waarom mnr. Mohlahlane se skandalige vorige gedrag geheel en al geïgnoreer is, en waarom hy nou vertrou word met ’n verantwoordelikheid waar openbare geld betrokke is.


Onlangse mediaberigte onthul dat mnr. Mohlahlane onlangs as uitvoerende hoof van die Limpopo-landbouontwikkelingskorporasie aangestel is. Dié hou toesig oor die toekenning van miljoene rande se projektoelae in die provinsie, sê Bosman.


Mnr. Mohlahlane is uit sy vorige pos by die Landbank ontslaan nadat ’n forensiese oudit verskeie ernstige onreëlmatighede in die bestuur van die Agri-SEB-fonds onder sy beheer getoon het. Bosman sê dat mnr. Mohlahlane homself persoonlik uit die fonds verryk het. Ondersoeke het onthul dat van die geld gebruik is om die uitspattige lewenstyl van verskeie individue met politieke bande te onderhou.


Bosman kritiseer die ANC-regering, en sê die rondskuif van korrupte beamptes is sake soos gewoonlik. Mnr. Mohlahlane is net een van verskeie beamptes teen wie aantygings van korrupsie gemaak is, maar wat stilletjies in nuwe poste aangestel is. Geen stappe is trouens teen hulle gedoen nie.


Bosman sê die DA gaan aan die Minister vra of sy dié mening toegedaan is, en so ja, hoe die Departement homself kan verskoon.

No comments:

Post a Comment

Comment here
Lewer hier kommentaar