Die Demokratiese Alliansie is verbind tot uitnemende dienslewering. Saam kan ons berge versit. The Democratic Alliance is committed to service excellence. Together we can move mountains. SAVE KOUGA. VOTE DA ON 18 MAY 2011

Click
here if you have any comments about the Democratic Alliance in the Jeffreys Bay region.

16 July, 2010

Munisipaliteite skuld Eskom R163 miljoen

’n Onlangse antwoord op ’n Parlementêre vraag deur die Demokratiese Alliansie (DA) het onthul dat munisipaliteite en Metro’s orals in die land Eskom R162,8 miljoen skuld.

Manie van Dyk LP, die skaduminister van openbare ondernemings, sê daar is ’n massiewe onderbreking in die betalingsverhouding tussen munisipaliteite en Eskom. Dit raak ook gewone Suid-Afrikaners wat moontlik weens munisipaliteite se onbevoegdheid kan ly. Van Dyk sê daar moet dringend ’n beroep op ingryping gemaak word.

Onlangs het David Ross LP, die skadu-adjunkminister van energie, Van Dyk ingelig dat elf munisipaliteite in die Vrystaat – wat 54 dorpe en omtrent een miljoen mense dek – gevaar staan dat hul elektrisiteit afgesny gaan word. Ross sê dat Eskom sulke stappe “’n laaste uitweg” noem. Eskom het dié dorpe aangeraai om “alternatiewe reëlings te tref omdat die kragvoorsiening op 20 Julie 2010 afgesny sal word as geen skikking tussen Eskom en die munisipaliteite rakende die agterstallige skuld bereik is nie”.

Ross sê luidens die Parlementêre antwoord wat ontvang is, skuld munisipaliteite en Metro’s orals in die land R162,8 miljoen in totaal. Hiervan word sowat R109,3 miljoen blykbaar geskuld deur bepaalde ANC-munisipaliteite wat moontlike onderbrekings van hul kragtoevoer in die gesig staar. Ross bevraagteken die waarheid van die Minister se reaksie, en sê dat ander bronne hom ook ingelig het dat die skuld nét in die Vrystaat reeds R180 miljoen is.

Daar is geen rede waarom inwoners van dié munisipaliteite en dorpe moet ly omdat die plaaslike owerhede met die ANC aan bewind hul kragrekenings nie kan betaal nie, sê Ross. Hy voeg by dat ’n algehele onderbreking van die kragtoevoer na dié dorpe verlammende gevolge in die Vrystaat sal hê. In dié stadium is ingryping uiters noodsaaklik.

Van Dyk kritiseer plaaslike owerhede met die ANC aan die stuur en sê die vermoë om rekenings te betaal, is een van die eenvoudigste werksaamhede van enige regeringsliggaam op enige vlak. Om seker te maak dat die kragtoevoer in stand gehou word, en nooit onderbreek word nie, is ’n selfs eenvoudiger regeringswerksaamheid.

Van Dyk sê hy gaan aan die Minister vra presies watter stappe haar Departement doen om ’n opstapeling van sulke munisipale skuld in die toekoms te verhoed.

Click here to read the English version of this item: http://www.da.org.za/newsroom.htm?action=view-news-item&id=8478

No comments:

Post a Comment

Comment here
Lewer hier kommentaar