Die Demokratiese Alliansie is verbind tot uitnemende dienslewering. Saam kan ons berge versit. The Democratic Alliance is committed to service excellence. Together we can move mountains. SAVE KOUGA. VOTE DA ON 18 MAY 2011

Click
here if you have any comments about the Democratic Alliance in the Jeffreys Bay region.

24 July, 2010

Verkwistende besteding

ANC bestee R1,5m aan homself, nie aan die armes nie

’n Jaar het verloop vandat die Demokratiese Alliansie (DA) sy Monitor van Verkwistende Besteding ingestel het om met verkwistende en vrugtelose besteding deur die ANC-administrasie tred te hou.

Lindiwe Masibuko LP, die DA se nasionale woordvoerder, het tydens ’n onlangse perskonferensie gesê dat ANC-ministers, -adjunkministers asook die departemente en entiteite wat aan hulle verslag doen, bykans R1,5 miljard aan onnodige items soos luukse motors, lang verblyf in vyfsterhotelle, kaartjies vir groot sportgeleenthede, selfverheerlikende reklame en uitspattige partytjies by toprestaurante bestee het.

Mazibuko wys daarop dat dié soort besteding ’n growwe wanaanwending van openbare geld verteenwoordig en geen voordele vir die mense van Suid-Afrika inhou nie.

Waar die DA regeer, is besparingsmaatreëls ingestel om te sorg dat geld nie verkwistend bestee word nie, en ons mens-gesentreerde beleidsdoelwitte weerspieël, sê Mazibuko.

No comments:

Post a Comment

Comment here
Lewer hier kommentaar