Die Demokratiese Alliansie is verbind tot uitnemende dienslewering. Saam kan ons berge versit. The Democratic Alliance is committed to service excellence. Together we can move mountains. SAVE KOUGA. VOTE DA ON 18 MAY 2011

Click
here if you have any comments about the Democratic Alliance in the Jeffreys Bay region.

06 July, 2010

Notule van ‘n Wyk 3-komiteevergadering - 24 Junie 2010

Teenwoordig
J Thiart (Voorsitter) Rdl N Botha, J Davel, dr. B Vosloo, C Womersley en H Thiart (Sekretaris)


Verwelkoming
Die Voorsitter heet lede van die vergadering welkom en die vergadering word geopen met gebed.


Notule van 27 Mei 2010.
Die notule word ter tafel gelê en goedgekeur. Voorsteller: C Womersley; sekondant: B Vosloo.


Sake voortspruitend uit die notule
Huisvergaderings: H Thiart rapporteer dat daar reeds sewe huisvergaderings gehou is. Dit is ‘n manier om kommunikasie tussen politici en DA-kiesers te bewerkstellig.


Ingeskrewe lede: Daar word fluks gevorder met die inskryf van lede vir die nuwe boekjaar wat 1 Oktober 2010 begin. Hierdie lede sal as geouditeerde lede beskou word vanaf 1 Oktober 2010 tot 31 Mei 2011. C Womersley vra hoekom dit so belangrik is dat lede ingeskryf moet word. Raadslid Botha verduidelik dat geouditeerde lede die aantal afgevaardigdes per wyk na kongresse bepaal en dat ledegeld en donasies help om die koste van die verkiesing te bestry.


Terugvoering vanaf die raadslid
Raadslid Botha lig die vergadering in dat die grense van die wyke op 24 Junie 2010 aangekondig is. Wyk 3 se grense is aanvaarbaar, maar gesprek sal gevoer word oor die grense van Jeffreysbaai-wyke 8, 11 en 14. Wyke 2, 3, 8, 11 en 14 sal ook voorsien word van die DA-doelstellings vir die komende munisipale verkiesing.


Blog
B. Vosloo rapporteer oor die terugvoering vanaf wyke aan die blog. Veertjie in die hoed van Wyk 3 wat die meeste inligting verskaf het.


Nuwe sake
• Gerugte dat die Kouga 2000+ party wil ontbind sal opgevolg word. Lede van die party het reeds by die DA aangesluit.
• Die kantoor van die Wyksraadslid kan nog nie gebruik word nie aangesien dit nog nie gemeubileer is nie.
• Die koopkrag-debakel blyk ongesiens verby te gaan. Die rdl. Botha sal by die volgende vergadering hieroor verslag doen.
• Die R860,000 wat verduister is bestaan uit R200,000 kontant en die res is tjeks. Die tjeks is nie gewissel nie.
• ‘n Spesiale Raadsvergadering insake die begroting moet nog gehou word.
• Die Minister wil ‘n “Accounting Committee” instel. Die “Oversight Committee” moet funksioneer en die ouditvVerslag moet deur die munisipale bestuurder beskikbaar gestel word.


Volgende vergadering
Die datum is nog nie vasgestel nie.

No comments:

Post a Comment

Comment here
Lewer hier kommentaar