Die Demokratiese Alliansie is verbind tot uitnemende dienslewering. Saam kan ons berge versit. The Democratic Alliance is committed to service excellence. Together we can move mountains. SAVE KOUGA. VOTE DA ON 18 MAY 2011

Click
here if you have any comments about the Democratic Alliance in the Jeffreys Bay region.

28 July, 2010

Helen se weeklikse nuusbrief - 26 Julie 2010

Ons bars deur die rassegrens

Die rede is dat ras ‘n baie sterk mobiliseerder is, nes kultuur, taal en geloof. Dié dinge skep ons identiteit. Ons het almal‘n ware en belangrike behoefte en om aan iets te behoort. Al hoe meer Suid-Afrikaners besef egter dat‘n ander politieke keuse hul identiteit nie bedreig nie. Juis die teenoorgestelde, trouens. Ons kan elkeen net met vertroue wees oor wie ons is as ons sorg dat álmal daardie reg het. Elke keer as ons vir ander se regte opstaan, verdedig ons ons eie.

Suid-Afrikanersrs besluit al hoe meer om mekaar te beoordeel aan wat Martin Luther King die “inhoud van ons karakter” genoem het, in plaas van die kleur van ons vel. Ons verkies om op die grondslag van gesamentlike waardes bymekaar te kom – integriteit, billikheid, diens, verdraagsaamheid,‘n soeke na uitnemendheid. Dit tel veel meer as die dinge wat ons verdeel.

Suid-Afrikaners wat dié keuse maak, kom binne die Demokratiese Alliansie byeen. Dit is waarom die DA in prof. Lawrence Schlemmer se woorde “die mees nie-rassige party wat Suid-Afrika nog ooit gehad het” geword het.

Vandeesweek het ons gesien hoe dié neiging versnel. Ons het drie tussenverkiesings gewen in wyke waar ons nog nooit te vore gewen het nie. Ons het nou reeds sedert verlede jaar se verkiesing elf nuwe wyke verower. Die heel opwindendste gebeurtenis vanjaar was egter dat ons deur nóg ‘n rassegrens gebars het. In die politieke omgewing is dit soos om deur die klankgrens te bars. Dis ‘n geskiedkundige oomblik. As ons die kans aangryp, sal dit die begin van‘n nuwe era inlui.

Elke nuwe DA-oorwinning bewys dat Suid-Afrika se demokrasie werk. Mense kies uit vrye wil.

Niks kan beskryf hoe opwindend dit is om in die middel van die nag‘n SMS te kry wat sê dat ons pas‘n meerderheid van 52% gekry het in‘n stemdistrik waar daar nie‘n enkele minderheidskieser is nie, net swart Suid-Afrikaners wat uit vrye wil besluit het om die Demokratiese Alliansie te steun. Net‘n jaar gelede het net 1,8% van die kiesers ons in Mkhondo in Mpumalanga gesteun. Sedertdien het die mense wat daar woon,‘n ander keuse gemaak. Dit bevestig wat ons in Mei vanjaar in die tussenverkiesing in Grabouw gesien het. Kiesers wat nou anders kies, is nie dislojaal nie. Inteendeel. Dit is waaruit alle suksesvolle demokrasieë bestaan.

Dit is ook die gevolg van‘n uitsonderlike, volgehoue inspanning en toewyding. Dit bewys ons kan dit doen. Dit stuur ook‘n duidelike boodskap aan politieke ontleders wat aan die hand doen dat ons steeds‘n party net vir minderhede is. Die kiesers stem nie met julle saam nie. Ons weet almal dit kos die ontleders gewoonlik‘n klompie jare om die kiesers in te haal.

Wat dié ontleders nie verstaan nie, is dat die DA nooit‘n party net vir minderhede kan wees nie, al dink sommiges dit is strategies goed om dit te wees. Ons hele bestaansrede is om die opvatting dat etniese en rassenasionalisme die enigste manier is waarop Suid-Afrikaners die politiek kan bedryf, uit te daag. Dit is wat ons doen. Ons bou‘n nuwe meerderheid.

Daarom voel ek veral opgewonde oor die talle jong mense, uit elke agtergrond, wat die DA hul politieke tuiste maak. Hulle begin orals opduik, en gaan hul plekke binnekort in leiersrolle orals in ons party begin inneem. Om hulle te ontmoet, en met hulle te gesels, maak‘n mens werklik optimisties oor Suid-Afrika se toekoms. Omdat hulle die DA kies, gaan ons party en ons land geheel en al verander.

Baie van ons besef nie hoe belangrik ons vordering is nie. Soms kos dit‘n buitestaander om daarop te wys.

Tydens die Wêreldbeker was dit my voorreg om internasionale leiers te ontmoet wat deur die bank verstaan watter groot prestasies die DA behaal het.

Hulle weet Afrika kan nie slaag as Suid-Afrika se demokrasie nie slaag nie.

Hulle verstaan die belangrikheid van ons party se groei van net meer as 300 000 kiesers in 1994 tot net minder as 3 miljoen kiesers verlede jaar. Ons het dit gedoen deur‘n alternatief vir rasse- en etniese nasionalisme te bied.

En dit druis waarlik teen die logika van die geskiedenis op ons vasteland in.

Click here for the English text: http://www.da.org.za/newsroom.htm?action=view-news-item&id=8509

No comments:

Post a Comment

Comment here
Lewer hier kommentaar