Die Demokratiese Alliansie is verbind tot uitnemende dienslewering. Saam kan ons berge versit. The Democratic Alliance is committed to service excellence. Together we can move mountains. SAVE KOUGA. VOTE DA ON 18 MAY 2011

Click
here if you have any comments about the Democratic Alliance in the Jeffreys Bay region.

24 July, 2010

Het jy geweet?

• Die nasionale departement met die meeste verkwistende besteding is die Departement van Openbare Werke, wat ongeveer R99 miljoen bestee het.

• Die mees verkwistende provinsiale regering is die ANC se KwaZulu-Natalse Provinsiale Regering, wat R120,5 miljoen aan verskeie items bestee het.

• Die staatsentiteit wat die meeste bestee het, is die SABC, wat R23 miljoen aan onnodige gehuurde ruimte en ’n propaganda-video waarin pres. Jacob Zuma geloof word, uitgegee het.

• Lindiwe Sisulu, die Minister van Verdediging, is verantwoordelik vir die grootste besteding aan motors sedert die jongste verslag van die Monitor van Verkwistende Besteding in April: ongeveer R7 miljoen ten opsigte van ’n vloot van vier Mercedes-Benz E-klas-voertuie.

• Entiteite wat verslag doen aan S'bubu Ndebele, die Minister van Vervoer, het die meeste aan Wêreldbekerkaartjies bestee, naamlik R20 miljoen.

• Min. Ndebele was ook verantwoordelik vir die duurste selfverheerlikende reklame – R1,2 miljoen. Elke koerant-insetsel het 27 volkleur-foto’s van die Minister self bevat. Wat was nou eintlik die doel met dié bylaag?

No comments:

Post a Comment

Comment here
Lewer hier kommentaar