Die Demokratiese Alliansie is verbind tot uitnemende dienslewering. Saam kan ons berge versit. The Democratic Alliance is committed to service excellence. Together we can move mountains. SAVE KOUGA. VOTE DA ON 18 MAY 2011

Click
here if you have any comments about the Democratic Alliance in the Jeffreys Bay region.

21 April, 2011

Bruin werkers dalk hulle werk by die Kouga Munisipaliteit kwyt

Bruin werknemers van die Kouga Munisipaliteit (KM) is bekommerd dat daar in die toekoms teen hulle gediskrimineer gaan word.

Volgens dokumente in Our Times se besit blyk dit dat die Departement van Arbeid meen dat daar tans hopeloos te veel bruin werkers in diens is van die munisipaliteit is en dat in die toekoms voorkeur aan swart mense gegee moet word wanneer nuwe werkers in diens geneem word of wanneer werkers bevorder word.

Die staande komitee van die KM se menslike hulpbronne het ook aanbeveel dat nasionale en provinsiale statistieke van die land se ekomomies aktiewe bevolking gebruik moet word om regstellende aksie te implementeer nadat inspekteurs van die Departement van Arbeid hulle oor die vingers getik het.

Die munisipaliteit was nie bereid om hul regstellende aksieplan vir die Our Times te gee nie.

Prof. Chimpie Cawood, DA-burgemeesterskandidaat sê: “Ons sal nie onoordeelkundige afdankings van bruin personeel op grond van onaanvaarbare nasionale formules duld nie. Die streek se demografie en die posbekleër se kwalifikasies, ondervinding en werksbevoegdheid moet die bepalende faktore wees.”

[Die bostaande is ‘n verkorte weergawe van Piet Liebenberg se artikel “Regstelling dreig” wat op 22 April 2011 in Our Times verskyn het.]

No comments:

Post a Comment

Comment here
Lewer hier kommentaar