Die Demokratiese Alliansie is verbind tot uitnemende dienslewering. Saam kan ons berge versit. The Democratic Alliance is committed to service excellence. Together we can move mountains. SAVE KOUGA. VOTE DA ON 18 MAY 2011

Click
here if you have any comments about the Democratic Alliance in the Jeffreys Bay region.

06 April, 2011

Vavi los nuwe bom

2011-04-05 22:14
Jan de Lange

"Ons (die ANC-alliansie) gaan met ons sterte tussen ons bene en ons rug teen die muur na die kiesers toe,” het mnr. Zwelinzima Vavi, hoofsekretaris van Cosatu, gister gesê.

“Hoekom? Omdat ons sedert 2007 1,17 miljoen werkgeleenthede verloor het, nie geskep het nie. En ons het daarmee nóg 5,8 miljoen mense in armoede gedompel.”

Hy het by die nasionale bedingingskongres van die National Union of Metalworkers (Numsa) voorspel dat “ons dalk binnekort van iemand sal moet praat as president Zille”.

Die komende munisipale verkiesing is die moeilikste wat die ANC-Cosatu-SAKP-alliansie tot nog toe aangepak het omdat die ANC se Polo-kwane-resolusies op niks uitgeloop het nie, het Vavi gesê.

Hy meen daar is ’n groot gevaar dat massas ANC-kiesers in die Oos-Kaap kan wegbly en dat die DA die Nelson Mandelabaai-metropool ná die verkiesing kan beheer. Lees verder: Beeld ...

No comments:

Post a Comment

Comment here
Lewer hier kommentaar