Die Demokratiese Alliansie is verbind tot uitnemende dienslewering. Saam kan ons berge versit. The Democratic Alliance is committed to service excellence. Together we can move mountains. SAVE KOUGA. VOTE DA ON 18 MAY 2011

Click
here if you have any comments about the Democratic Alliance in the Jeffreys Bay region.

08 April, 2011

Op pad na die stembus

2011-04-07 22:02
Tim du Plessis

Anchen Dreyer is my gunsteling-Prog, ’skuus, DA. Dié DA-LP, immer gereed met ’n hartlike glimlag en ’n blink gedagte, was al in die 1980’s ’n Prog, láánk voordat dit mode was vir establishment-Afrikaners om in die Progressiewe Party te wees. Haar familie is stoere Afrikaners en Hervormers. Sy’t gravitas.

Hoe benader Beeld die komende verkiesing? vra Anchen nou die dag toe ons mekaar op die lughawe raakloop.

Dis ’n gelade vraag, een met ’n geskiedenis. Sy onthou natuurlik die dae toe die dekking van ’n verkiesing vir Beeld ’n “missie” was – nie net nog ’n nuusopdrag nie.

Gelukkig is daardie dae verby. Koerante wat nog dink hulle kan kiesers in die stemhokkie beïnvloed, het iewers in die 1980’s vasgehaak. So, die antwoord is maklik. Die nuus sal Beeld se dekking van die verkiesing lei en bepaal.

As die verkiesing groot nuus oplewer, sal ons dit groot dek. Ons gaan nie vervelige politieke stories in die nuuskantoor “mikrogolf” net omdat daar ’n verkiesing is nie.

Ons radar is ingestel op politici en partye wat simpel goed sê en doen. Of treffende goed, soos Zwelinzima Vavi dié week gedoen het.

Maar terug na die vraag. Hoe sien Beeld die verkiesing? Dis mos eintlik maar kodetaal vir: “Hoe sien jy my party?”

Antwoord: Die DA behoort goed te vaar in die verkiesing. Helen Zille se energie is merkwaardig. Tot dusver dikteer sy, en nie die ANC nie, grootliks die agenda. Lees verder: Beeld ...

No comments:

Post a Comment

Comment here
Lewer hier kommentaar