Die Demokratiese Alliansie is verbind tot uitnemende dienslewering. Saam kan ons berge versit. The Democratic Alliance is committed to service excellence. Together we can move mountains. SAVE KOUGA. VOTE DA ON 18 MAY 2011

Click
here if you have any comments about the Democratic Alliance in the Jeffreys Bay region.

22 April, 2011

Die gevolge van ‘n verdeelde opposisie

Ondanks verskeie pogings om opposisiepartye te verenig, het die voorsitter van die bestuurskomitee van die DA, Jeffreysbaai-streek, dr. Nico Botha, onlangs daarop gewys dat verskeie opposisiepartye kandidate vir die munisipale verkiesing op 18 Mei benoem het. Benewens die Demokratiese Alliansie, sal Kouga 2000, die Vryheidsfront Plus, die South African Progressive Civic Organisation en verskeie onafhanklike kandidate die ANC die stryd aansê.

“Die DA respekteer die waardes van ander partye sowel as die reg van kiesers om te stem vir die party van hul keuse,” het dr. Botha gesê. “Ek wil egter graag daarop wys dat verdeeldheid waarskynlik in die verlede veroorsaak het dat die ANC beheer oor die Kouga-munisipaliteit behou het.”

Volgens Botha dui die 2006-verkiesingsuitslae daarop dat indien opposiepartye grotendeels saamgestaan het, hulle die helfte van die raadslede sou opgelewer het en die ANC die res. Dit beteken dat die ANC nie carte blanche sou gehad het om die Kouga-munisipaliteit ten gronde te laat gaan nie.

No comments:

Post a Comment

Comment here
Lewer hier kommentaar