Die Demokratiese Alliansie is verbind tot uitnemende dienslewering. Saam kan ons berge versit. The Democratic Alliance is committed to service excellence. Together we can move mountains. SAVE KOUGA. VOTE DA ON 18 MAY 2011

Click
here if you have any comments about the Democratic Alliance in the Jeffreys Bay region.

05 April, 2011

Wat kry ons in ruil daarvoor?

Wat kry plaaslike belastingbetalers in ruil vir die enorme salarisse en toelaes wat hulle die plaaslike owerheid laat toekom?

Dit is min of meer die strekking van ‘n berig wat onlangs in Our Times verskyn het. Volgens die skrywer verdien ‘n gewone raadslid R15 000 per maand, die speaker en lede van die burgemeesterskomitee steek R38 000 per maand in die sak en die burgemeester kla seker nie oor sy vergoeding van R50 000 per maand nie. Hierbenewens is hulle ook nog geregtig op ‘n selfoontoelaag van tussen R930 en R3 000 per maand.

Ander berigte in dieselfde koerant stem belastingbetalers opnuut onrustig. Verslaggewer Piet Liebenberg skryf dat die Kouga Munisipaliteit traag is om hulle skuldeisers te betaal: “The perilous state of the Kouga Municipality’s (KM) financial situation was again confirmed this week when three of their major suppliers confirmed they have been struggling since November last year to get paid for services rendered.” Hierbenewens dreig Eskom glo “to cut power to the Kouga if KM does not pay them the R20m owed.” Dit klink mos na erge finansiële wanbestuur, of hoe? En die KM sprak g’n sprook nie, want die munisipale segsman, Mfunde Sobele “did not respond to queries.”

Maar nog is het einde niet. In sy berig “Kouga mum on AG report”, skryf die einste Piet Liebenberg dat “concerned ratepayers are up in arms because the Kouga Municipality (KM) seems to be deliberately withholding the latest audit report for the 2009/2010 financial year compiled by the Auditor-General (AG).” Waarom maak die munisipaliteit die verslag nie bekend nie? Omdat hulle iets het om weg te steek? Omdat hulle bloot onbevoeg is?

Elders in die koerant skryf Cobus van Niekerk dat “vrae oor huise kwel.” Volgens hom word huise wat aan mense in die townships belowe is, eenvoudig nie voorsien nie. Die burgemeester gooi klaarblyklik jakkalsdraaie oor wat die redes hiervoor is, maar weens ‘n gebrek aan deursigtigheid weet niemand werklik wat die ware toedrag van sake is nie.

So kan ‘n mens voortgaan. Maar wat kan die inwoners van ons geweste hieraan doen? Eenvoudig: die Kouga benodig ‘n bewindsverandering. Al wat die Kouga kan red is dat die Demokratiese Alliansie die munisipale verkiesing op 18 Mei moet wen.

Volgens Piet Liebenberg is die DA se kandidaat vir die burgemeesterspos, dr. Chimpie Cawood, vol vertroue dat sy party “die pyp in die Mei-verkiesing sal rook en die ANC uit die kussings sal lig.” Cawood stel dit só: “Die DA-span wil … die Kouga uit sy huidige staat van verval en administratiewe en finansiële moeras waarin dit verval het, optel …”

Die Demokratiese Alliansie verdien ‘n billike kans om Cawood se beloftes ten uitvoer te bring.

Dalk kry ons só weer waarde vir ons geld.

No comments:

Post a Comment

Comment here
Lewer hier kommentaar