Die Demokratiese Alliansie is verbind tot uitnemende dienslewering. Saam kan ons berge versit. The Democratic Alliance is committed to service excellence. Together we can move mountains. SAVE KOUGA. VOTE DA ON 18 MAY 2011

Click
here if you have any comments about the Democratic Alliance in the Jeffreys Bay region.

13 April, 2011

Verkwisters moet só vasgevat word

Die tyd is oorryp dat die mors van staatsgeld [én munisipale geld - DAtanet] daadwerklik aan bande gelê word.

Mnr. Sicelo Shiceka, minister van koöperatiewe regering, se beweerde rinkinkery met belastingbetalersgeld het dié feit opnuut in die kollig gebring [By ons steek die Braziliaanse rit van onlangs deur raadslede en munisipale amptenare talle belastingbetalers nog steeds dwars in die krop - DAtanet] .

Die Zuma-regering dink telkens hy kan geldmorsery skouerophalend met ’n beroep op die ministeriële handboek regverdig. Solank dít die denkwyse is, moet jy nie van die regering verwag om danksy diepe morele oortuiging die gordel stywer te trek nie [Dit herinner sterk aan die wyse waarop onse burgemeester telkens 'n knee-jerk-reaksie aan die dag lê sodra korrupsie en wanbesteding van openbare geld op Jeffreysbaai ter sprake kom - DAtanet]  .

Aan die een kant staan die regering handewringend oor gebrekkige dienslewering en die opheffing van armes, maar aan die ander kant bly dit vir ministers aanvaarbaar om in luukse hotelle te bly en miljoene aan spoggerige motors te bestee. En al is daar enkele stemme van redelikheid, bly ’n breë morele pligsbesef afwesig [Selle ou storie - DAtanet].

Só het mnr. Pravin Gordhan, minister van finansies, al telkemaal – maar sonder welslae – gewaarsku dat dié spandabelrigheid moet stop. Die staande komitee oor openbare rekeninge in die parlement doen ook wat hy kan, maar sonder dat die patroon van verkwisting verander word. Die ouditeur-generaal wys die geldmorsery in talle departemente uit, maar die verskynsel herhaal net weer [Hier ter plaatse ook - DAtanet].

Dit is dus tyd dat die parlement sy oorsig en wetgewende funksies na behore gebruik met die neerlê van strenger wetlike riglyne. Die perke op voorregte vir senior regerinslui moet drasties ingekort word, met streng sanksies vir die oorskryding daarvan [Is daar salf aan te smeer? 18 Mei móét in die Kouga 'n bewindsverandering inlui - DAtanet].

- Die Burger

No comments:

Post a Comment

Comment here
Lewer hier kommentaar