Die Demokratiese Alliansie is verbind tot uitnemende dienslewering. Saam kan ons berge versit. The Democratic Alliance is committed to service excellence. Together we can move mountains. SAVE KOUGA. VOTE DA ON 18 MAY 2011

Click
here if you have any comments about the Democratic Alliance in the Jeffreys Bay region.

16 April, 2011

Uit die DA-argief #3

“In hierdie verkiesing [op 18 Mei 2011] is dit ons taak om te sorg dat alle Suid-Afrikaners al die feite rakende die vergelykende diensleweringsrekords het voordat hulle op 18 Mei hul kruisies op hul stembriefies trek. Voor dié dag sal elkeen wat ’n kruisie gaan trek, weet dat die DA die enigste party is wat in werklikheid stap vir stap ’n beter lewe vir almal lewer. Goeie bestuur maak ’n groot verskil in mense se lewens.

Die ANC se benadering is heeltemal anders. Die ANC weet hy sal met ’n vergelyking van prestasies sleg tweede kom. Hy weet die meeste kiesers, selfs al het hulle die vorige keer vir die ANC gestem, weet die ANC het hulle in die steek gelaat.”

No comments:

Post a Comment

Comment here
Lewer hier kommentaar