Die Demokratiese Alliansie is verbind tot uitnemende dienslewering. Saam kan ons berge versit. The Democratic Alliance is committed to service excellence. Together we can move mountains. SAVE KOUGA. VOTE DA ON 18 MAY 2011

Click
here if you have any comments about the Democratic Alliance in the Jeffreys Bay region.

21 March, 2011

Munisipale verkiesing, 2011: DA maak sy kandidaat vir Wyk 3 bekend

Posted by Picasa

Sophia Hendrina Thiart, in die handel en wandel bekend as Henda, sê sy is op 1 Mei “in die jaar toet” op Barkly-Oos gebore, die enigste dogter van Jan en Alida Delport. Sy het ook ‘n jonger broer, ‘n afgetrede SALM-generaal wat in Pretoria woon.,

Henda het aan die Hoërskool Sentraal in Bloemfontein gematrikuleer. Hierna was sy in Bloemfontein by die die Landmeter-Generaal, die Departement van Arbeid, Universitas Hospitaal en die Universiteit van die Vrystaat werksaam. As ‘n kranige tennisspeler, het sy ligatennis in Bloemfontein gespeel.

Soos vir die meeste Jeffreysbaaiers, was die roepstem van ons kusdorp baie sterk en het Henda in 1987 hierheen getrek om haar eie sake-onderneming op die been te bring. Sy was ook jare lank ‘n aktiewe lid van die Jeffreysbaaise rolbalklub.

Sy is met Johan Thiart getroud. Hy is ‘n bekende en gerespekteerde inwoner van Jeffreysbaai.

Henda is baie trots op haar kinders uit ‘n vorige huwelik. Haar oudste seun woon in Bloemfontein en haar dogter boer saam met haar eggenoot naby Humansdorp op die Oesterbaaipad. Haar jongste seun bevind hom tans in Sydney, Australië. Soos die meeste oumas verlang sy knaend na haar kleinkinders: twee seuns en drie dogters.

Haar lewensfilosofie is eenvoudig, sê sy: “Ek wil diens aan die mense in my omgewing lewer en die boodskap van liefde uitleef.”

En waarom moet Wyk 3 se mense op 18 Mei vir haar stem?

“As gevolg van my jarelange gemeenskapsbetrokkenheid, onder andere as lid en oud-voorsitter van die Jeffreysbaai-belastingbetalersvereniging, en as lid van die Demokratiese Alliansie, is ek ingestel op gemeenskapsdiens. Ek sal ‘n positiewe bydrae lewer aan die inwoners van Wyk 3,” belowe sy.

Barry Vosloo
21 Maart 2011

No comments:

Post a Comment

Comment here
Lewer hier kommentaar